Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 6 VAN 43

Lees: Hebreërs 2:5-18

SOAP: Hebreërs 2:10-12

God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heerlikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring. Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie. Hy sê tog: “Ek sal u Naam aan my broers bekend maak, in die samekoms van die gemeente sal Ek u lof besing.”

Oordenking

In hierdie verse het die skrywer van die boek Hebreërs verduidelik waarom Jesus moes sterf; dit was sodat Hy volmaak kon word deur lyding. Die woord 'volmaak' beteken hier 'om te voltooi' of 'om 'n einddoel te bewerkstellig.'

Dit was nie nodig vir Jesus om geheilig te word (soos God te word) op dieselfde manier as wat ons geheilig word nie. Hy is God en hoef dus nie volmaak te word nie; Hy is reeds volmaak. Wat deur lyding volmaak gemaak is, was die werk van Christus. Deur sy lyding is die verlossingswerk voltooi. Omdat Christus gely het, is ons van sonde en die dood gered.

Die doel van Christus se lyding was om ons tot redding te bring. Ten einde vir ons te sterf, moes Jesus saam met ons ly. Hy moes mens gemaak word om te ly op dieselfde manier as wat ons ly. Om ons te help, om ons advokaat te wees, het Hy homself verneder en mens geword. Om ons te help, is Hy soos ons gemaak. Toe Hy mens geword het, het Jesus ons advokaat geword. Hy staan ​​in die kloof vir ons. Hy is ons Middelaar en bring ons versoeke voor God. Hy is ons hulp en bied ons redding deur sy lyding.

Gebed

Here Jesus, ek glo dat U alleen die weg tot redding is. U werk is voltooi: daar is niks wat ek kan doen om verlossing te verdien nie. U het dit alles gedoen. Ek prys U omdat U Uself verootmoedig het om my ontwil. Help my om U te eer in alles wat ek doen en dat ek sal glo dat u lyding genoeg is om my sonde te bedek. Amen.

  

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/