Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 3 VAN 43

Lees: Hebreërs 1:1-4

SOAP: Hebreërs 1:3-4

Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. 

Oordenking

Die skrywer van Hebreërs het die Goddelikheid van Christus beskryf deur te verduidelik hoe Jesus die presiese verteenwoordiging van God is. Jesus is die een wat alles in stand hou (Kol 1:17). Hy kan dit alleen doen omdat Hy God is. 

Jesus het 'n baie belangrike daad verrig toe hy op die aarde was: Hy het vir al die sondes van die mensdom betaal. Hy het ons gereinig van al ons sonde en slegte dade. Hy het Homself verneder om 'n weg vir ons te maak om 'n verhouding met God te hê, nou en in ewigheid. 

Toe sy werk voltooi is, het Hy aan die regterhand van God gesit. Hierdie is 'n verwysing na Psalm 110: waar God met Dawid praat en sê, “Kom sit aan my regterhand.” Die gebruik van hierdie Psalm in verband met Jesus wys Jesus se outoriteit en sy regmatigheid as die Messias, die beloofde seun van Dawid. 

Al hierdie eienskappe begin om vorm te gee aan die skrywer se hoofboodskap: Jesus is verhewe bo alles. Hy is verhewe bo die profete, bo die priesters van die verlede, bo die Skrif, bo Dawid en selfs die engele. Hy alleen is ons lofprysing waardig!

Gebed

Here Jesus, ek herken dat U verhewe bo alles is. Maak my oë oop om te sien hoe U alleen lofwaardig is. Help my om te sien op watter wyses ek ander dinge in die lewe, selfs goeie en positiewe dinge, voor U plaas. Ek wil U aanbid en U met my hele hart en lewe volg. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/