Tel die dae af tot by KersfeesVoorbeeld

Countdown to Christmas

DAG 12 VAN 29

Vou jou trouring in geskenkpapier toe. Sit ook 'n Kersfeesstrikkie op 'n groot leë doos. Sit beide pakkies in verskillende hoeke van die kamer. Sê vir jou kinders dat jy hulle een van die beste geskenke wat jy ooit ontvang het wil wys, en vra hulle om die "geskenk oop te maak." Nadat hulle die leë doos oopgemaak het, wys hulle die kleiner pakkie. Verduidelik dat voorkoms nie altyd die hele storie vertel nie.

Terwyl die profeet Samuel op soek was na die toekomstige koning van Israel, het een persoon hom beïndruk. God het egter vir hom gesê dat uiterlike voorkoms hom nie moet beïndruk nie, want God kyk na die hart. Eeue later het God weer gewys dat voorkoms onbelangrik was toe die langverwagte Verlosser as 'n gewone mens gekom het.

Vir nog meer, besoek http://www.thrivingfamily.com/advent
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Countdown to Christmas

Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!

More

We would like to thank Focus on the Family and thrivingfamily.com for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivingfamily.com/advent