Staan Sterk — Oorwin Teëspoed & Lewe Met SelfvertroueVoorbeeld
Doen Dit In Vrees
Ons glo dis in ons gemaksone waar ons versorg word, waar ons weet ons 'n goeie werk kan doen en waar die lewe veilig en seker is. Dit is waar ons die lewe in 'n kokon kan koester, peuselhappies eet en nie oor môre bekommerd hoef te wees nie.
God se roeping in ons lewens is egter dikwels 'n roeping om alles wat gemaklik is te verlaat. Alles wat vir ons betekenis het, wat wonderlik is, mooi is, waar geluk is en buite ons gemaksone te beweeg.
Wanneer ons buite ons gemaksones begin lewe, hou ons aan die vertroosting van God vas en hierdie waarhede wat Hy bied:
Ons vrees maak ons onseker. Ons God maak ons selfversekerd.
Ons vrees vertel ons dat ons nie kan nie. Ons God vertel ons Hy kan.
Ons vrees sê dat ons sal misluk. Ons God sê Hy het alreeds gewen.
Ons vrees verstar ons. Ons God sê ons moet vlieg.
Ons kan bevrees voel en dit nog steeds doen, want God is die Een wat ons in die onbekende roep.
Om bevrees te voel en nog steeds vorentoe te beweeg, is die verskil tussen in vrees verstar te wees en om 'n lewe van betekenis en doel te lei.
Hoe lyk vrees in jou lewe? Waarvan droom jy om nog te doen, maar tog weerstaan jy dit? Waaruit praat jy jouself?
Partykeer speel ons klein, want ons sien die gaping tussen waar ons nou is en waar God ons heen wil lei en die kloof lyk so wyd dat jy glo dit nie oorbrug kan word nie.
Vrees skree vir ons wanneer ons op die punt staan van 'n nuwe tydperk wat ryp is van krag en skoonheid. Dit is die grootste hindernis wat ons terughou om ons potensiaal te bereik. Die enigste manier om dit te konfronteer en vorentoe te beweeg, is om soos 'n leeu met waarheid terug te brul, selfs al begin ons klein en in vrees.
Stel jou voor wat sou gebeur het as die Israeliete nie hulle eerste treë in die Rooi See gegee het nie (Eksodus 14:13-30).
Dink oor Petrus se geloof en wat hy sou misloop indien hy nie uit die boot geklim het om Jesus te volg nie (Matteus 14:22-23).
Sien in jou verbeelding die verlamde man se vier vriende. Wat as hulle nie die dakplate verwyder het om hom by Jesus te kry nie (Markus 2:1-12)?
Elkeen van hierdie mense het in vrees 'n doelbewuste tree gegee. Jy kan ook.
Begin deur een gebed te bid.
Doen een rondte om die baan.
Sê vir daardie een persoon dat jy jammer is.
Skryf een paragraaf.
Stuur een teksboodskap.
God roep, ons is seker dat alles uitmekaar gaan val, ons kan nie dink dat ons gereed is waarvoor Hy ons roep nie, ons neem egter 'n bewerige tree in gehoorsaamheid en Hy daag op.
Elke enkele keer.
Jou vrees is nie 'n teken dat jy nie bedoel is om vorentoe te beweeg nie. Voel die vrees, maar doen dit nogtans.
Gee babatreetjies na jou bestemming, suster. Jou roeping is die moeite werd. Jy is die moeite werd. Uiteindelik sal die bang babatreetjies makliker word en jy sal goed op dreef wees om sterk te staan as die voorbeeldige vrou van God wat jy alreeds is.
Om te Doen: Deel een klein bang treetjie wat jy na jou toekoms wil neem met 'n vriendin. Vra haar om jou aan te moedig en op te volg om seker te maak dat jy die treetjie neem en nie in vrees terugdeins nie.
Gebed: Here, ek weet dat U my geroep het om dapper te wees en nie bang nie. Ek wil wag totdat ek sekerheid het om vorentoe te beweeg, maar U vra my om in geloof vorentoe te beweeg. Gee my die moed om dit in my vrees te doen tot die verheerliking van u Naam. Amen.
Hierdie leesplan is aangepas uit die boek "Standing Strong - A Woman's Guide to Overcoming Adversity and Living with Confidence".
Verken ander gratis hulpbronne van AlliWorthington.com
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan uit Alli Worthington se nuwe boek, Staan Sterk, sal jou help om te onthou wie jy is wanneer jy voor swaarkry te staan kom en om God se droom vir jou te herwin. Dit is tyd om te besef dat jy sterker is as wat jy dink. 'n Vrou se plek is enige plek waarheen God haar stuur — wandel dus in die vertroue wat net van Hom af kom. Jy kan nie 'n vrou breek wat haar krag van God af kry nie.
More