Staan Sterk — Oorwin Teëspoed & Lewe Met SelfvertroueVoorbeeld
Kom aan die Anderkant van Gehoorsaamheid
Daar was tye in my lewe wat ek ENIGIETS sou doen behalwe om aan God gehoorsaam te wees. Hy het my gevra om moedig te wees wanneer ek van vrees terugdeins, om nederig te wees wanneer ek trots wou wees, en om van kosbare dinge afstand te doen wat ek verlang het om aan vas te hou. Alhoewel ek weet gehoorsaamheid sal altyd die moeite werd wees, het my vrese my bedrieg om te glo dat die pad van gehoorsaamheid vol seerkry en skade is.
Kan ek jou egter iets vertel wat ek op die harde manier geleer het? Gehoorsaamheid is die enigste pad na sekuriteit.
Die probleem met gehoorsaamheid is dat dit in die slegste lig moontlik voorgestel word. Wanneer ons aan gehoorsaamheid dink, dink ons aan hoe ons kinders "gehoorsaam is" met 'n houding en 'n hewige gesug. Gehoorsaamheid lyk soos 'n "moet doen" en nie 'n "wil doen"-soort voorstelling nie.
Vir gelowiges is gehoorsaamheid nie die einde van ons vryheid nie, dit is die begin van ons seëninge.
Gehoorsaamheid is dat ons erken vir Wie ons volg, die deskundige, die Skepper van die heelal wat ons liefhet en aan ons kant is, wat vir ons veg en presies weet wat ons moet doen om in oorvloed te leef.
Wanneer jy die Here gehoorsaam, sal Hy jou seën. Dit is omdat gehoorsaamheid altyd tot seëninge lei. Dit is 'n groot verklaring. Kom ek verduidelik wat ek bedoel en nie bedoel met die woord seën.
Ek bedoel nie dat ons wonderbaarlik gaan ryk word of dat ons vir ons goeie gedrag enige vorm van betaling gaan kry nie. Om seëninge soos betaling vir goeie gedrag te hanteer, verminder ons lewens in Christus na 'n godsdienstige plakkerkaart en sy seëninge na 'n goue sterretjie of 'n beloning. Seëninge is soveel meer as dit.
In die evangelies, het Jesus vir Petrus gevra om sy boot naby die kus te neem sodat Jesus vandaar vir die skare kon preek. Dit was na 'n lang nag van visvang, en Petrus het niks gevang nie. Petrus was nietemin gehoorsaam en hy kon luister hoe Jesus wonderlike gelykenisse aan die skare vertel. Wat 'n seën (Lukas 5:1-3).
Toe Jesus die skare klaar geleer het, het Hy vir Petrus gesê om sy nette in die dieper water te gooi. Petrus was moeg. Weereens was hy egter gehoorsaam en sy nette het van visse oorgeloop. Wat 'n seën (Lukas 5:4-7).
Petrus was so oorweldig deur God se seëninge dat hy op sy knieë geval het en Jesus dadelik aanbid het. Toe het Jesus vir Petrus beveel (asook Andreas, Jakobus en Johannes): "Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak" (Matteus 4:19). Onmiddellik het hulle hulle nette gelos en Hom gevolg, en die eerste vier van Jesus se twaalf dissipels geword. Wat 'n seën.
Seën anderkant gehoorsaamheid.
Indien jy die krag van God in jou lewe wil sien, indien jy sy beloftes in vervulling wil sien, indien jy toegang wil hê tot die onbeperkte, verborge hulpbronne van die Here die Allerhoogste, kom aan die anderkant van gehoorsaamheid, wandel in jou roeping en verlustig hou in sy seëninge — die grootste seën is die teenwoordigheid van God waar jy ook al gaan.
Om te Doen: Vra vir God, "Waar moet ek in hierdie tydperk van my lewe gehoorsaam wees?" Skryf dit neer waarvan jy bewus word dat Hy vir jou sê. Lees daardeur en identifiseer die volgende stap wat jy moet neem om in gehoorsaamheid te wandel.
Gebed: Here, ek was in die versoeking om te glo dat gehoorsaamheid eentonig en moeilik is. Help my om te verstaan dat gehoorsaamheid die pad na sekuriteit en seën is. Leer my dat om gehoorsaam te wees, is om U te volg, my Skepper, in die perfekte plan wat U vir my lewe het. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan uit Alli Worthington se nuwe boek, Staan Sterk, sal jou help om te onthou wie jy is wanneer jy voor swaarkry te staan kom en om God se droom vir jou te herwin. Dit is tyd om te besef dat jy sterker is as wat jy dink. 'n Vrou se plek is enige plek waarheen God haar stuur — wandel dus in die vertroue wat net van Hom af kom. Jy kan nie 'n vrou breek wat haar krag van God af kry nie.
More