Geld en Belegging saam met die Kwak BroersVoorbeeld

Money and Investing with the Kwak Brothers

DAG 5 VAN 7

Belegging Deel 1

Ek dink nie dit is toeval dat die onderwerp wat Jesus die meeste oor gepraat het, behalwe die koninkryk van God, geld was nie. Ons sien dat ons Here gedurig dit ophaal wat Hy geweet het die waarheid is: dat geld mense se harte affekteer.

Daar is die verhaal wat Jesus gedeel het oor die man wat moes weggaan op 'n lang reis en drie van sy slawe met sy finansies vertrou het. As jy hier lees, weet jy hoe die verhaal eindig. Die meester kom terug. Hy sien die eerste twee slawe het die geld verdubbel wat aan hulle gegee is (die een het vyf goue muntstukke gekry en die ander een het twee gekry). Die derde slaaf het egter vir die meester gesê hy was bang hy verloor die geld, daarom het hy dit begrawe tot die meester terugkom. 

Baie mense gaan gereeld elke Sondag kerk toe en hulle eer God met hulle lippe, maar ongelukkig eer hulle Hom nie daagliks met hulle finansies nie.

Wanneer ons dink en optree gebaseer op skaarste en vrees, is ons geneig om dit wat ons het so styf vas te hou dat ons hande vuiste vorm. Terwyl God ons nog steeds liefhet en seën, omdat Hy is wie Hy is, ongeag van wat ons doen, verbeur ons die geleentheid om verbonde te bly aan ons Vader deur 'n oop hand ingesteldheid te hê. Jesus versinnebeeld die oop hand ingesteldheid tot so 'n mate dat Hy sy lewe vir ons gegee het.

Daar is 'n gesegde wat as volg lui: "Vrees is die gevolg as jy 'n leuen glo." Die waarheid is, baie van ons glo leuens ten opsigte van ons finansies. Een so 'n leuen is dat ons hemelse Vader nie vir ons sal voorsien wat ons nodig het nie. Ek is seker baie van ons sing die woorde: "Alles wat ek nodig het, het sy hand voorsien." Baie het nog nooit die vreugde ervaar dat hulle dag-tot-dag kan lewe met die wete dat alles Syne is nie.

Die derde slaaf het gedoen wat hy gedoen het omdat vrees sy hande in vuiste laat bal het. Vandag moedig ek jou aan om verbonde aan God te bly. Jy moet 'n oop hand ingesteldheid hê. Laat die Heilige Gees jou met onderskeidingsvermoë lei. God gee nie vir geld om nie, Hy gee vir jou om. Onthou, wanneer ons rentmeesters van sy hulpbronne is, moet ons vloeiende riviere wees en nie stilstaande mere nie. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Money and Investing with the Kwak Brothers

Het jy geweet dat Jesus 11 keer oor geld gepraat het in die 40 gelykenisse in die Nuwe Testament? Dit is amper 27.5% van die opgetekende onderwysings van Jesus. Dit sê vir ons hoe belangrik ons ingesteldheid en houding teenoor geld is. Ons moet bewus wees van hoe ons ons gedagtes en houding teenoor geld vorm, sodat ons 'n Christus-gesentreerde perspektief kan hê.

More

Baie dankie aan The Kwak Brothers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://thekwakbrothers.com/