Geld en Belegging saam met die Kwak BroersVoorbeeld

Money and Investing with the Kwak Brothers

DAG 1 VAN 7

Geld en Koninkryk Ingesteldheid
 

Ek onthou ek het eendag 'n verhaal gelees van 'n seun wat om een of ander rede besluit het om sy familie te verlaat, sy vader se erflating te neem, en van die huis af weg te loop.

Omdat ek self 'n broer het, wou ek dadelik hoor hoe hierdie verhaal sou verloop. Ek was egter teleurgesteld om te sien hoe hierdie seun begin het om alles deur te bring wat hy gehad het. Dit het uiteindelik tot 'n onplesierige einde gekom toe sy geld opgeraak het. 

In sy donkerste oomblik het die seun besluit om na sy vader se huis terug te keer — nie as 'n seun nie, maar as 'n dienskneg. Dan sou hy ten minste kos hê om te eet.

Natuurlik weet ons almal hoe hierdie verhaal eindig. Die vader omhels hom, verwelkom hom terug, en gaan so ver om 'n partytjie te gee vir sy seun wat teruggekeer het. Die ander seun, wat heeldag in die lande gewerk het, kom huis toe en is baie ontsteld daaroor. 

Deur my hele lewe het ek gehoor hoe baie predikante hierdie verhaal gebruik om te preek oor hoe wonderlik God se genade is en hoe God ons alles vergewe. Ek het ook gesien hoe baie predikante hierdie verhaal gebruik om te preek oor die wonder daarvan om na Christus te kom en alles aan Hom oor te gee. Terwyl albei hierdie dinge waar en pragtig is, moet ek eerlik wees en vir jou sê dat ek heeltemal 'n ander reaksie gehad het nadat ek hierdie verhaal gelees het. 

My waarneming was dat beide seuns min omgegee het vir die verhouding wat hulle met hulle vader gehad het. Om die waarheid te sê, as ons aandag gee aan wat hulle dryfveer was, sien ons dit gaan oor wat hulle vader gehad het, en nie wie hy was nie.

As ons waarlik 'n koninkryk ingesteldheid ten opsigte van finansies begeer, moet ons nie ewigheidsperspektiewe met betrekking tot aardse dinge en aardse perspektiewe met betrekking tot ewigheidsdinge hê nie. Die wonderlike realiteit is dat ons hier vreemdelinge is, en ons moet hierdie manier van denke toepas ten opsigte van geld. 

As 'n eiendomsbelegging-adviseur vir baie persone, is van die beste advies wat ek vir hulle aanbied dat hulle finansiële besluite moet neem wat 10, 20 en 30 jaar van nou af meer sin sal maak. Terwyl jy dag een van hierdie leesplan begin, wil ek jou aanmoedig om jou deur die Heilige Gees te laat lei om finansiële keuses te maak wat op die ewigheid gerig is. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Money and Investing with the Kwak Brothers

Het jy geweet dat Jesus 11 keer oor geld gepraat het in die 40 gelykenisse in die Nuwe Testament? Dit is amper 27.5% van die opgetekende onderwysings van Jesus. Dit sê vir ons hoe belangrik ons ingesteldheid en houding teenoor geld is. Ons moet bewus wees van hoe ons ons gedagtes en houding teenoor geld vorm, sodat ons 'n Christus-gesentreerde perspektief kan hê.

More

Baie dankie aan The Kwak Brothers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://thekwakbrothers.com/