Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde WêreldVoorbeeld

Fighting for Unity in a Divided World

DAG 5 VAN 5

Veg vir Eensgesindheid

Kom ons praat vandag spesifiek oor politiek. Die aantrekkingskrag tot politiek buite die norm is sterk — tot so 'n mate dat dit skrikwekkend maklik geword het om toe te laat dat politiek ons geloof meer beïnvloed, as wat ons geloof die politiek beïnvloed.

Jy het moontlik al gehoor hoe mense dinge sê soos: "Hoe kan enigiemand hulle ondersteun en 'n Christen wees?" Dit is nie moeilik om aan 'n string Bybelverse te dink wat ons politieke voorkeure bevestig nie. Dit is maklik om onsself te oortuig dat Jesus ook dieselfde mense as ons sou ondersteun. Tog is daar nie 'n enkele politieke party se optrede wat ten volle met Jesus se visie van hemel op aarde strook nie.

As ons glo dat hemel op aarde meer te doen het met 'n politieke verkiesing as met Jesus se opstanding, dan verstaan ons nie die goeie nuus nie. Ons hoop lê nie in wie aan die hoof van ons regering is nie. Ons hoop is op wié op die hemelse troon sit. Ongeag wie die nasies lei, God is steeds ons Koning.

Maak jy op jou regering of verkose amptenaar staat om hoop aan jou gemeenskap te bring? Dan gaan jy die kans verbeur om jou Godgegewe rol uit te leef om 'n lig in 'n donker wêreld te wees. Hang jou sin vir vrede of vreugde af van wie aan bewind is? Dan versuim jy om op God se voorsiening te vertrou vir elke goeie ding wat jy nodig het. Luister jy ewe geduldig na verskillende menings in 'n poging om te verstaan waar die standpunte vandaan kom? Voorsien jy in jou naaste se behoeftes wanneer jy daartoe in staat is? Strewe jy net so passievol na regverdigheid, genade en nederigheid in jouself, jou huis, jou werksplek en jou gemeenskap, as in jou regeringsleiers? Jy leef dan anders; die soort lewe wat ons hemelse Vader ons gevra het om te leef.

'n Wyse pastoor het eenmaal gesê: "Elke keer wanneer ons kant kies, raak ons verdeeld." Dit beteken nie dat ons nie ons burgerlike plig nakom om 'n kant te kies om te ondersteun en standpunt in te neem vir dit waarin ons glo nie. Natuurlik doen ons dit! As Christene moet ons elke hulpbron gebruik wat tot ons beskikking is om mense in ons gemeenskappe te dien. Dit beteken wel dat ons, as Christene, nie ons naaste tot "hierdie kant" of "daardie kant" moet reduseer nie. Ons persoonlike identiteit spruit nie uit ons politieke idees nie. Ons identiteit lê daarin om 'n kind van God te wees. Ons naaste? Hulle is ook as die beeld van God geskape. Ons is almal sondaars wat gered moet word. In daardie opsig kan daar geen kante wees nie; geen verdeeldheid nie. Ons moet veg om daardie waarheid in ons harte en denke te bewaar. Ons moet betrokke raak en anders optree. In plaas daarvan om vir verdeeldheid te skik, moet ons vir eensgesindheid veg. 

Ons geveg is nie teen vlees en bloed nie. Daarom kan ons nie ons stryd op dieselfde manier veg as wat die wêreld dit doen nie. As dissipels van Jesus, veg ons deur te bid en ons naaste lief te hê. Dit is hoe ons Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld kan volg.

Bid: Here, help ons, u volgelinge, om een te wees. Help ons om te weier om verdeeldheid te aanvaar. Gee ons die wysheid en krag om vir eensgesindheid te veg. Herinner ons aan ons rol as u mense om Jesus en die goeie nuus in ons verdeelde wêreld te verteenwoordig.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Fighting for Unity in a Divided World

Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/