Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde WêreldVoorbeeld
Gemeenskaplike Middeweg
Ons het gister na ons verskille gekyk. Vandag gaan ons kyk na wat ons alles in gemeen het.
- Ons is almal afbeeldings.
- Ons is almal besmet.
- Ons is almal genooi.
Ons is almal afbeeldings. Elke liewe een van ons is 'n menslike wese. Om mens te wees beteken om na die beeld en gelykenis van God gemaak te wees. Dit is die skoonheid van die Christelike verhaal. Die eerste bladsy van die Bybel beantwoord die volgende vrae met 'n duidelike "Ja!": "Maak ek saak? Is my lewe kosbaar? Het my lewe 'n doel?" Heel aan die begin word ons vertel dat God mense as sy beeld geskape het — met waardigheid, waarde en 'n doel. Dit beteken, ongeag hoe jy lyk, wat jy gedoen het, wat jy glo of vir wie jy stem, jou is lewe waardevol omdat jy as die beeld van God geskape is.
Dit is vir almal van ons waar. Selfs wanneer ons nie so optree nie. Ons is almal as God se beeld geskape.
Ons is almal besmet. Hierdie is die minder aangename gedeelte. Ons is almal met sonde besmet. Sonde is 'n siekte as gevolg van selfgesentreerdheid wat veroorsaak dat ons onsself as beter en ander as minderwaardig beskou. Ons sonde wil ons blind maak vir die beeld van God in ander, en die beeld van God in onsself. Om ander mense as "minderwaardig" te beskou omdat hulle menings oor die dinge waaroor ons omgee van ons verskil, of selfs van ons politieke sienings verskil, is maar slegs een van die vele maniere hoe ons sonde ons verblind om die beeld van God in ander raak te sien.
Die siekte van sonde laat ons vergeet wie ons is en dit veroorsaak dat ons vergeet aan Wie ons behoort. As ons onbewus is van die gevaar van sonde, kan dit regtig maklik wees om hulle [ander mense] as die probleem te beskou. Hulle is egter nooit die probleme wat opgelos moet word nie. Hulle is altyd mense wat liefde moet ontvang.
Moet egter nie bekommerd wees nie. Daar is goeie nuus.
Ons is almal genooi.
"Wil jy gesond word?" Dit was die vraag wat Jesus die man gevra het wat al vir baie jare siek was. Dit is die vraag wat Jesus aan elkeen van ons vra. Deur sy dood en opstanding, het Jesus 'n weg vir ons gebaan om van die siekte van sonde genees te word, en ons is genooi om deel te word van God se plan om alles nuut te maak. Paulus se brief aan die Romeinse kerk het ons vertel dat terwyl ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterf. Dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het. Hy het dit nie uit die hemel uitbasuin nie. Hy het dit persoonlik deur Jesus kom wys. Daardeur is ons almal genooi om deel van sy familie te wees.
Die Facebook-gebruikers wat jou gek maak? Jesus het ook vir hulle gesterf.
Hoe beweeg ons vorentoe in eenheid en weg van verdeeldheid? Ons heg waarde aan ons verskille en vind 'n gemeenskaplike middeweg.
Bid: Here, help my om 'n gemeenskaplike middeweg te vind met die mense van wie ek verskil. Herinner my dat ons almal as u beeld geskape is, met sonde besmet is en genooi is om Jesus te volg.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.
More