Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde WêreldVoorbeeld
'n Nuwe Gebod
"Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is" (Johannes 13:34-35).
Jesus het ons, sy volgelinge, vertel dat die wêreld sal weet wie Hy is deur die manier hoe ons liefhet. Dus, as ons nie respekvol met iemand oor politiek kan verskil nie, is dit 'n aanduiding dat ons ons harte moet ondersoek. Jesus het gesterf vir die persoon met wie jy 'n meningsverskil het. Hy het ons beveel om hulle lief te hê. Kom ons kyk na 'n paar bruikbare wenke om ons te help om die mense lief te hê met wie ons nie oor die weg kom nie.
Erken jou eie partydigheid. Partydigheid het te make met die neigings van jou gedagtes en gevoelens. Hulle is persoonlike oortuigings oor 'n saak of persoon; dikwels op 'n negatiewe bevooroordeelde manier. Partydigheid beïnvloed almal, of ons dit besef of nie. Ons is geneig om te dink dat slegs ander mense partydige sienings het. Ego en trots versteur ons denke op gevaarlike en subtiele maniere. Voordat ons kan verwag dat iemand anders hulle partydigheid sal erken, moet ons dit self erken. Hier is 'n voorbeeld. Waar kry jy jou nuus vandaan? Die kans is dat jy jou eie bevestigende partydigheid volg — selfs al is dit onbewustelik. Ons hou daarvan om te lees of te kyk na iets wat ons toelaat om vir onsself te sê: "Sien? Ek was reg!" Strewe daarna om onderrig en regstelling in die Woord van God as die uiteindelike bron van wysheid, waarheid en kennis te soek, eerder as by jou gunsteling nuusverskaffer om jou eie ego te streel.
Leer om die goeie (en die minder goeie) aan beide kante in te sien. As jy begin om die mense met wie jy saamstem as "goed" te beskou en die mense met wie jy verskil as "sleg", dan is dit 'n teken dat jy opgehou het om soos mense wat as die beeld van God geskape is, die ander kant te sien. Hoekom? As jy nie kan leer om die goeie en die minder goeie aan beide kante te sien nie, dan kan jy oortuig raak dat hulle jou vyand is. Onthou, hulle is nooit 'n vyand om te oorwin nie; hulle is altyd 'n persoon om lief te hê.
Probeer om te verstaan voordat jy verstaan wil word. As jy jouself hoor sê: "Ek kan nie verstaan hoekom hulle ______," wag dan en sien dit as 'n geleentheid om die mense van wie jy verskil, beter te verstaan. Begin 'n gesprek. Vra vrae. Luister. Sien dinge uit hulle oogpunt. Jy hoef nie saam te stem met iemand om hulle te verstaan nie.
Onthou, jy is nie so slim as wat jy dink jy is nie. Net omdat jy dink jy is reg, beteken dit nie dat jy is nie. Selfs as jy baie passievol daaroor voel dat jy reg is, beteken dit steeds nie dat jy reg is nie. Hierdie waarheid help ons om met die ander persoon in gesprek te tree met 'n houding van gewilligheid om te leer en om die ander persoon te verstaan. As dit jou doel is om 'n argument te wen, sal ons nooit werklik 'n gesprek kan hê nie. Inteendeel, jou doel moet wees om verbintenisse te bou en 'n gemeenskaplike middeweg te vind sodat ons vooruit kan gaan.
As volgelinge van Jesus, is ons geroepe om Hom, in alles wat ons doen, in die wêreld te verteenwoordig. Dit sluit ook die manier in hoe ons by politiek betrokke raak. Ook die manier hoe ons oor politiek verskil. Wanneer mense die manier sien hoe jy oor politiek praat, sien hulle ook vir Jesus in jou?
Bid: Here, help my om U in elke gesprek te verteenwoordig. Help my om op so 'n manier te lewe dat mense U in my kan sien.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.
More