Neem Jou Lewe Terug: Dink Reg Sodat Jy Reg Kan LeweVoorbeeld
Steek die Doringdraad oor
Dink aan doringdraad as die skeiding tussen wie jy is en wie jy weet jy moet wees. Jy moet daardie skeiding nader en veg om oor die doringdraad te kom. Daar is geweldige krag in om jou innerlike in hierdie enkelvoudige rigting te fokus. Dikwels reageer ons verdedigend op dit wat oor ons pad kom. Ontmoet eerder die vyand op jou voorwaardes, al is jy die vyand. Wees aanvallend.
Hierdie stryd bestaan uit drie dele: hoe jy dink, hoe jy praat en hoe jy optree. Die eerste deel van die geveg vind in jou gedagtes plaas. Ons gemoedstoestand en denke kan ons gevange hou en ons in 'n weergawe van onsself verander wat ons nie wil wees nie. Wanneer hierdie gemoedstoestand probeer oorneem, moet jy op God se hulp steun en dit dadelik keer. Jy kan nie reg lewe as jy nie reg dink nie. Jou gees is die deel van jou wese wat op God reageer en sy krag ontvang. Leer om jou gees te bestuur deur jou gedagtes te beheer. Dit is die enigste manier om in hierdie oorlog vorentoe te beweeg.
Positiewe denke is nie 'n plaasvervanger vir God nie, maar dit is 'n reaksie op die krag wat ons van God kry. As jy negatiwiteit by die deur inlaat, sal dit 'n plek aan die tafel wil hê, in jou bed wil slaap, en binnekort word dit jou norm. Dit beteken jy kan verander hoe jy voel deur die manier waarop jy dink te verander. Fokus op die goedheid van God, jou Redder en sy planne vir jou (sien Psalm 27:13 en 1 Tessalonisense 5:16–18).
Kom ons fokus nou op wat gebeur wanneer jou gedagtes jou mond bereik. Die boek Spreuke sê: "Die tong het mag oor dood en lewe ..." (Spreuke 18:21). Dit is soos 'n klein kernreaktor wat beide 'n kragaanleg kan wees wat 'n dorp verlig of 'n bom wat 'n stad kan vernietig. Wanneer ons woorde van geloof spreek, het ons skielik meer om te gee en vreugde waar daar nie behoort te wees nie. Die onmoontlike kan gebeur as gevolg van wat jy sê. Glo dat God die goeie sal voortbring uit die slegste tye, en praat daaroor. Die duiwel moet nie die laaste woord inkry nie.
Kom ons gesels laastens oor hoekom die herhaling van gewoontes en besluite 'n baie ernstige saak is. Slegte gewoontes plaas jou in 'n swak posisie, ongeag wat jy die res van die tyd doen. Goeie gewoontes help dat die regte keuses outomaties gemaak word. Die regte moet bly, en die verkeerde moet gaan. Bepaal watter nuwe gewoontes jy nodig het en skryf hulle neer. Jy sal hulle nodig hê om die slegtes te verbreek. Die stryd om te verander voel dalk nie op die oomblik lekker nie, maar om vandag vir goeie gedagtes, woorde en dade te veg, sal mettertyd in lewenslange krag verander.
Dit is van kritieke belang dat jy die gevegte wat jy in die gesig staar ernstig opneem. Dit is die klein dingetjies — gesindhede, dade, woorde — wat saak maak. Jy moet leer om bewus te wees van jou gevoelens. Steun daarop. Ontleed dit. Doen dan wat nodig is om daardeur te beweeg. Jy kan nie teruggaan om die verlede te verander nie, maar jy kan nou met God se hulp veg om goeie gedrag. Die prys wag vir jou aan die anderkant van die doringdraad.
Reageer
Hoe vergelyk die persoon wat jy vandag is met die persoon wat God wil hê jy moet word?
Wat sou dit vir jou beteken om bewustelik die stryd te trotseer om die weergawe van jouself te word wat God wil hê?
Watter hulpbronne het God voorsien om jou te help om beheer oor jou gedagtes, woorde en dade te neem? Maak 'n lys van mense wat jou in hierdie pogings kan ondersteun.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Neem stappe om jou lewe terug te neem. Hierdie 5-dag leesplan is gebaseer op Levi Lusko se boek "Take Back Your Life". Jy sal ontdek hoe die krag van die Heilige Gees jou kan help om die dinge te herken wat jou aftrek of terughou, en jou toerus om dit te konfronteer terwyl jy die beste weergawe van jouself word.
More