Neem Jou Lewe Terug: Dink Reg Sodat Jy Reg Kan LeweVoorbeeld
Skakel die Donker Af
Wanneer ons sê, "skakel die lig aan," dink ons nie gewoonlik dat die duisternis uitgewis word nie. Jesus wis egter die duisternis van eensaamheid, skuldgevoelens, wanhoop en vrees uit, maar Hy wis ook die duisternis van die dood – ons laaste en grootste vyand — uit. Die dood het ons gesin 'n kishou geslaan toe ons tweede oudste dogter, Lenya Avery Lusko, deur 'n asma-aanval van haar asemhaling beroof is en haar hart toe gaan staan het. Nie ons of die ongevalle dokters kon haar terugbring nie. Met haar in my arms, het Lenya uit ons lewens na die arms van haar hemelse Vader gegaan.
Dit was 'n vernietigende seer. Dit was verpletterend. Dit was hartseer. Dit was donker, maar ons was nie alleen in daardie donker nie. God was daar. Hy het ons vrede gegee. Hy het ons hoop gegee. Hy het ons krag gegee. Hy gaan voort om ons krag te gee terwyl ons vorentoe beweeg, een dag op 'n slag. Ons het geleer dat Jesus gekom het om die duisternis van die dood uit te wis sodat ons met hoop kan lewe en sonder vrees kan sterf. Soos Hy die donker om ons uitwis, lyk alles wat ons in die lig sien anders.
Ons hoop in hartseer en dit maak steeds seer. Ek het geleer dat God saam met my seer het en treur (sien Johannes 11:1–44). Hy is woedend oor die dood — kwaad genoeg om iets daaraan te doen. Jesus het die dood, die Satan se kragtigste wapen, op die mees onwaarskynlike manier ooit oorwin — deur self te sterf (sien Hebreërs 2:14). Die krag was egter nie net in die dood nie; enigiemand kan dit doen. Jesus het nie net gesterf nie — sy siel het weer sy verganklike liggaam ingegaan en Hy het uit die dood opgestaan! Dit is verstommend dat Hy dieselfde opstandingskrag bied aan elkeen wat glo.
Dit is die evangelie. Jesus het gekom en die dood is van sy krag ontneem. Die donker is vir ewig uitgewis (sien Kolossense 2:15). In plaas daarvan om verskrik te wees, kan ons eintlik in oorwinning na die dood kyk. Jy vra dalk hoekom ons nog moet sterf? Vir iets wat uitgewis is, lyk dit asof die dood steeds floreer. Dit is waar, maar onthou dit: God is nog nie klaar nie. Die finale vernietiging van die dood het nog nie plaasgevind nie, maar dit kom. Ek sal Lenya weer sien en vashou. Ons geloof werk in die vuur, nie net wanneer die lewe lekker is nie, omdat ons vertrou op die Een wat gesê het dat Hy die opstanding en die lewe is. Hy het die sleutels van die dood en die hel in sy hande, Hy was dood en leef nou vir ewig. Sy naam is Jesus, en Hy lei ons altyd na triomf!
God wil hê dat jy vergifnis, 'n verhouding met Hom, en ook die hemel moet hê. Die Bybel belowe: "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word" (Romeine 10:9). 'n Eenvoudige gebed, as dit in geloof gebid word, het die krag om jou hart en jou siel te verander en vir ewig te red. Trouens, jy kan dit nou vir God sê terwyl jy hier lees en van binne en na buite herskep word. As jy dit nog nooit gedoen het nie, bid ek dat jy nou sal! Jesus kan die donker in jou hart uitwis terwyl jy Hom vertrou en jou hoop, dag vir dag, in Hom plaas.
Reageer
Op watter maniere betree duisternis jou lewe?
Wat beteken dit vir jou dat Jesus die duisternis en die dood oorwin het? Hoe reageer jy op wat Jesus, God in die vlees, vir jou gedoen het?
Wat kan die lig van hoop op Jesus in jou lewe verander?
Aangaande hierdie leesplan
Neem stappe om jou lewe terug te neem. Hierdie 5-dag leesplan is gebaseer op Levi Lusko se boek "Take Back Your Life". Jy sal ontdek hoe die krag van die Heilige Gees jou kan help om die dinge te herken wat jou aftrek of terughou, en jou toerus om dit te konfronteer terwyl jy die beste weergawe van jouself word.
More