Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld

New Day, New You

DAG 2 VAN 14

Laat Jou Blaps Jou Boodskap Word

Ek moedig mense aan om hul verlede te laat gaan, maar nooit weg te hardloop daarvan nie. Die enigste weg tot oorwinning oor die pyn van ons verlede is om God toe te laat om ons terug te neem deur daardie deur van pyn tot in oorwinning. Niemand kan oorwinning vir ons behaal nie; ons moet ons eie heil uitwerk. Paulus verduidelik hierdie waarheid in sy brief aan die Filippense, en sê:

"Daarom, my geliefdes... werk julle eie heil uit (ontwikkel, volvoer tot by die einddoel, en voltooi) met vrees (respek en ontsag) en bewing (selfwantroue, ernstige omsigtigheid, 'n gevoelige gewete, waaksaamheid teen versoeking, skugtere onttrekking van wat ookal God mag aanstoot gee en die Naam van Christus skaad); (nie in jul eie krag nie) want dit is God wat die heeltyd effektief in julle werk (bekragtig en die vermoë en begeerte in julle skep), om te wil en te werk na Sy welbehae (tevredenheid en vreugde." FILIPPENSE.2:12, 13 uitgebreide vertaling).

Ons moet God toelaat om ons deur dinge te neem en in ons te werk sodat ons blaps ons boodskap word. Moeilike dinge wat ons in ons verlede deurstaan het, berei ons voor vir God se seëninge in ons toekoms.

Uit die boek "New Day, New You" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords . Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

New Day, New You

Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy gee jou daardie geleentheid. In hierdie opwindende toewyding, saamgestel uit verskeie van Joyce se gewildste boeke, sal jy 'n vars woord van God ervaar vir elke dag van die jaar. Voor jy die uitdagings aandurf wat die lewe mag bring, begin elke dag met bemoediging en krag, herinnering van God se genade, en God se perspektief. Word die nuwe jy wat elke nuwe dag kan bring!

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org