Droom Groot met Bob GoffVoorbeeld

Jy het waarskynlik 'n paar betroubare antwoorde op die drie groot vrae van die lewe: Wie is jy? Waar is jy? Wat wil jy hê? Jy bevind jou nou op die regte plek. Wat gaan jy doen in verband met wat jy ontdek het?
Hopelik het jy meer betrokke geraak by die wêreld om jou en die moontlikhede in jou. Jy het 'n paar mense geïdentifiseer om hierdie reis saam met jou aan te pak en het 'n persoonlike voorraadopname gemaak van die vermoëns wat jy het en die vrese wat jou in die verlede teruggehou het. Jy het op spesifieke maniere aan jou ambisies uiting gegee, 'n lys opgestel van aktiwiteite wat jy moet onderneem, 'n paar keer in die lug gespring om jou momentum te gee en 'n bietjie plek in jou lewe gemaak vir jou nuwe pogings. Jy het waarskynlik selfs 'n paar dinge gedoen om aan die gang te kom. As jy 'n paar terugslae gehad het, maak dit nie saak nie.
Daar is iets veiligs en vertroostends aan die beplanningsproses, nie waar nie? Dit gebeur gedurig met ons ambisies. Die laaste tree wat jy in hierdie proses neem, is om al die beplanning te beëindig. Bespreek nou daardie vlug. Koop die ring. Hou die eerste byeenkoms in jou sitkamer. Hoe dit ook al sy, hou op om drie meter bokant jou droom te sweef. Nou moet jy jouself in rat te kry.
Jy hoef ook nie met die intrapslag na volmaaktheid te streef nie; wees eerder op die uitkyk vir tekens dat jou ambisie begin vorm aanneem. Moenie aanneem dat alles glad sal verloop nie. Wees gereed vir stampe en stote langs die pad. Moenie aan al die redes dink waarom dit verkeerd kan gaan of waarom jy nie moet probeer nie. Jou ambisie is die moeite werd. Alles. Dit is die moeite werd om voluit te gaan. Elke opoffering wat jy maak om jou idee te laat realiseer, is die moeite werd.
Iewers daarbuite bid iemand dat jy jou pen sal neerlê en tot aksie oorgaan. Hou op om te praat oor wat jy ééndag wil doen. Begin vandag. Moenie vir die regte dag, 'n volmaan of dalk vir 'n feetjie wag om op jou neus te kom sit nie. Stel 'n agtste dag van die week in as jy dit nodig het en noem dit “Begindag.”
Aangaande hierdie leesplan

Leer om jou drome duidelik vir jouself te definieer. Identifiseer die struikelblokke wat jou terughou. Stel dan 'n spesifieke plan op om jou doelwitte te bereik. Ontwikkel ook die vaardighede wat jou sal help om volgens jou plan op te tree.
More