Droom Groot met Bob GoffVoorbeeld

Dream Big with Bob Goff

DAG 3 VAN 7

Wat jou ambisies betref, gee ek jou toestemming om uitermatig kieskeurig te wees oor die werk wat jy aanpak. Jy sit nie soos kleintyd aan die etenstafel nie; hier het jy die mag om iets anders te vind, as jy nie hou van dit waarvoor jy te staan kom nie. Net omdat dit 'n geleentheid is, beteken nie dat dit die regte een is nie. Net omdat jy hierdie werk in die verlede gedoen het, beteken nie dat dit ook jou toekomstige werk is nie. Ek stel nie voor dat jy 'n besluitelose lewe moet lei nie. Inteendeel. Ek wil hê jy moet so seker wees oor wat jy in jou lewe wil sien, dat jy nie jou belangrike verpligtinge sal verwar met dié wat onbelangrik is nie. Verpligtinge verg tyd en jy kan nie meer daarvan byvoeg nie. Mense wat hul ambisies najaag, leer om op die regte manier "nee" te sê.

Sodra jy jou volgende treë in die rigting van jou ambisies neem, sal jy meer opwinding en moontlikhede rondom jou gewaar. Moenie van die spoor afwyk as dinge nie gebeur soos wat jy gehoop het nie. Moenie moedeloos word as jy nie teruggeskakel word nie. Moenie jou ambisie laat vaar as dit meer geld sal kos of meer tyd neem as wat jy gedink het nie. Hou koers en fokus op jou lewe asof jy 'n onsigbare pad in die rigting van jou ambisie volg. Maak seker dat dit ooreenstem met wat jy glo, en fokus dan met mag en mening daarop.

Terwyl mense al hierdie aktiwiteite onderneem, vind baie dat daar reeds 'n paar hindernisse in die pad is. Miskien is daar 'n paar keuses uit die verlede of huidige verantwoordelikhede wat tussen jou en die vordering staan wat jy moet maak. Dit mag 'n moeilike selfgesprek verg om hierdie hindernisse te oorkom. Dit mag dalk 'n lading dinamiet verg — jy moet self besluit. Die enigste keuse wat jy nié moet maak nie, is om 'n 180 grade ommekeer te maak en weg te loop.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dream Big with Bob Goff

Leer om jou drome duidelik vir jouself te definieer. Identifiseer die struikelblokke wat jou terughou. Stel dan 'n spesifieke plan op om jou doelwitte te bereik. Ontwikkel ook die vaardighede wat jou sal help om volgens jou plan op te tree.

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://amzn.to/2UN6uWo