Jesus die Skepper, Timmerman, Tuinier en KoningVoorbeeld

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

DAG 4 VAN 4

Die afgelope drie dae het ons gekyk na Jesus as Skepper, timmerman, en tuinier. Vandag kyk ons vooruit na Jesus se terugkoms — na die finale advent — waar Jesus sy ewige troon as Christus die Koning inneem.

Vandag se verse uit Jesaja, is van my gunstelinge in die hele Skrif. In Jesaja 60 skilder die profeet 'n visie van die ''nuwe Jerusalem'' of soos in Openbaring 21:3b: ''[God] self sal by hulle wees as hulle God," en Jesus sal vir ewig as Koning regeer.

Gee egter aandag aan wat verder in hierdie toneel gebeur. Mense van alle nasies is op pad na die nuwe Jerusalem, en hulle kom nie met leë hande daar aan nie. Die mense uit Tarsus bring hulle skepe. Die mense uit Midian en Efa bring hulle vee. Die mense uit Skeba bring goud en wierook. Jesus nooi hierdie mense uit om hulle heel beste kultuurskeppinge — "die rykdom van die nasies" — na sy ewige koninkryk te bring. 

Die Nuwe Testamentiese geleerde, N.T. Wright, sê: "Wat jy in die teenswoordige doen — deur te skilder, preek, sing, naaldwerk te doen ... hospitale te bou, putte te grawe, veldtogte vir geregtigheid te voer, gedigte te skryf ... jou naaste lief te hê soos jouself — sal in God se toekoms voortduur. Hierdie aktiwiteite is nie net maniere om die teenswoordige lewe 'n bietjie draagliker te maak nie ... Hulle is deel van wat ons 'die bou van God se koninkryk' noem."

Met ander woorde, die werk wat ons tussen die eerste en finale advent doen, maak saak

Die hemelse koninkryk is nie sonder kultuur nie. Volgens hierdie gedeelte en ander leidrade in die Skrif, is ek bereid om te wed dat dit daarmee gevul is.

My gebed is dat daardie hoop ons almal sal inspireer om ons mees uitsonderlike werk tot verheerliking van God en vir die beswil van ander te doen. En wie weet? Dalk sal Christus Rex — Jesus die Koning — hierdie skeppinge in genade neem om eendag deel van ons ewige tuiste te maak.

As jy hierdie leesplan geniet het, sal jy hou van die skrywer se weeklikse oordenking, wat jou kan help om die evangelie beter met jou werk te verbind.Teken hier aan. 

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

Jesus openbaar Homself in die Skrif as die Skepper (sedert die begin van alle tye), as 'n timmerman (met sy geboorte in die huis van Josef), tuinier (by die opstanding) en koning (in die nuwe Jerusalem). Hierdie leesplan sal jou lei tot 'n dieper waardering vir elkeen van die verskynings en wat hulle beteken in die werk wat jy elke dag doen.

More

Ons wil graag vir Jordan Raynor bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://jordanraynor.com/carpenter/