Jesus die Skepper, Timmerman, Tuinier en KoningVoorbeeld

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

DAG 3 VAN 4

Twee dae gelede het ons na Jesus se koms as God die Skepper aan die begin van alle tye gekyk. Gister het ons Jesus as 'n timmerman gesien, wat daardie eerste Kersoggend in die familie-onderneming gebore is. Vandag sien ons in Johannes 20:11-16 dat Jesus, na sy opstanding, verkeerdelik as 'n tuinier aangesien is.

Jy het seker al vandag se gedeelte honderde kere gelees. As jy soos ek is, dink jy seker altyd, die feit dat Maria vir Jesus verkeerdelik as "die tuinier" aangesien het, 'n vreemde, maar onbenullige besonderheid in die Skrif is.

Niks verskyn egter per ongeluk in die Skrif nie, en soos die befaamde Nuwe Testamentiese geleerde, N.T. Wright, onlangs aan my geopenbaar het, is hierdie besonderheid geen uitsondering nie. Dit kom voor dat Johannes inderdaad na iets baie merkwaardig verwys het.

Om dit te sien, moet ons eers na Genesis teruggaan, waar God vir Adam en Eva geskape en in die tuin van Eden geplaas het om te werk en om te "vermeerder". Sonde het nog nie bestaan nie, maar werk wel. Dus was hulle werk in die tuin eintlik 'n vorm van aanbidding, in die mooiste sin van die woord. 

Natuurlik, net 'n paar verse verder, kom sonde wel in die wêreld. Werk is steeds aanbidding, maar dit is nou ook moeisaam. Sonde het ook genoodsaak dat Jesus daardie eerste Kersdag moes kom en drie dekades later sy lewe moes opoffer.

Alles verander egter met Paasfees. Die opstanding herstel die wêreld terwyl Jesus die koms van die hemelse koninkryk inhuldig. Met sy eerste verskyning aan die mensdom na die opstanding, openbaar Jesus homself aan Maria as 'n tuinier. Hoekom? Hier verduidelik Wright in sy wonderlike boek "Surprised by Hope": "In die nuwe skepping word die antieke menslike mandaat om na die tuin om te sien, dramaties herbevestig — soos Johannes ook in sy opstandingsverhaal aandui, waar Maria aanneem dat Jesus die tuinier is. Die opstanding van Jesus is dus die herbevestiging dat die skepping goed is" — en ek sou hier byvoeg, net so ook om te werk.

Deur as 'n tuinier te verskyn, verwys Jesus ons doelbewus terug na Adam en Eva, die wêreld se eerste tuiniers en werkers. Hy wys dat ons werk as burgers van sy komende koninkryk, nie net daaroor gaan om "siele te red" of om meer mense te help om toegang tot die koninkryk te verkry nie (al is dit so belangrik). Jesus wys ons daarop dat dit weer tyd is om tuin te maak, om die aarde te bewerk — om te "vermeerder" as wegwysers na die koninkryk wat daardie eerste Paasoggend tot stand gekom het.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

Jesus openbaar Homself in die Skrif as die Skepper (sedert die begin van alle tye), as 'n timmerman (met sy geboorte in die huis van Josef), tuinier (by die opstanding) en koning (in die nuwe Jerusalem). Hierdie leesplan sal jou lei tot 'n dieper waardering vir elkeen van die verskynings en wat hulle beteken in die werk wat jy elke dag doen.

More

Ons wil graag vir Jordan Raynor bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://jordanraynor.com/carpenter/