Jesus die Skepper, Timmerman, Tuinier en KoningVoorbeeld

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

DAG 1 VAN 4

Kom ons begin deur Jesus se eerste verskyning aan die mensdom, aan die begin van alle tye, te oordink.

Vandag se gedeelte maak dit duidelik dat Jesus — saam met God die Vader en die Heilige Gees — teenwoordig was met die skepping van die wêreld. Verder, is "alles" deur Christus geskep. Met ander woorde, Jesus is God die Skepper van wie ons in Genesis 1:1 lees: "In die begin het God die hemel en die aarde geskape." 

Voor God ons vertel dat Hy liefde is, voor Hy ons vertel dat Hy heilig is, voor Hy ons vertel Hy is ons Verlosser, wil God hê jy en ek moet weet dat Hy kreatief, produktief en 'n werkende God is.

Die idee van 'n God wat werk is uniek in die lang lys van verhale oor die oorsprong van die wêreld. Baie gelowe beweer dat die gode juis die mensdom geskape het om te werk en hulle te dien. Niemand sou dit waag om te sê dat God Self werk nie — nog minder om met daardie feit die storie in te lei nie.

Hierdie waarheid hou die grootste betekenis in vir die werk wat ons vandag doen. Werk is nie 'n bysaak of 'n sinnelose middel tot 'n doel nie. Werk is die kern van wie God is, en dus ook, die kern van wie ons as sy beelddraers is. Dit is een van die belangrikste betekenisse van hierdie eerste openbaring van Jesus Christus.

Dit is ook nie net enige werk wat God doen nie. Hy doen skeppende werk — die werk wat risiko's neem om nuwe dinge te skep tot die beswil van ander. Dit is die werk van entrepreneurs en kunstenaars, storievertellers en verkoopsbestuurders, bemarkers en moeders. Ons sal môre sien, dit is die soort werk wat Jesus gedoen het toe Hy aarde toe gekom het en in die huis van 'n timmerman gebore is.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

Jesus openbaar Homself in die Skrif as die Skepper (sedert die begin van alle tye), as 'n timmerman (met sy geboorte in die huis van Josef), tuinier (by die opstanding) en koning (in die nuwe Jerusalem). Hierdie leesplan sal jou lei tot 'n dieper waardering vir elkeen van die verskynings en wat hulle beteken in die werk wat jy elke dag doen.

More

Ons wil graag vir Jordan Raynor bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://jordanraynor.com/carpenter/