Jesus die Skepper, Timmerman, Tuinier en KoningVoorbeeld

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

DAG 2 VAN 4

Elke Desember vier ons Jesus se menswording deur onsself te herinner aan daardie eerste Kersfeesoggend. 

Wanneer die volgende advent naderkom en jy jou oë vestig op die baba in die krip, wil ek jou graag aanmoedig om jou grense uit te brei en na die hele tafereel te kyk. Neem 'n oomblik om nie net op die pasgebore Koning te fokus nie, maar ook op die huis waarin Hy gebore is en wat dit vir Jesus se toekomstige werk beteken het. 

Sedert die begin van alle tye, het God geweet dat Hy nog vir Jesus sal moet stuur om ons te kom verlos. Om dit te weet — asook die uiteindelike doel van Jesus se lewe op aarde — moet die feit dat God vir Jesus gekies het om in die huis van Maria en Josef die timmerman groot te word, ons in ons spore stuit. 

God kon vir Jesus in 'n priesterlike huishouding soos die profeet Samuel of Johannes die Doper geplaas het. Jesus kon in die huishouding van 'n Fariseër, soos die apostel Paulus, grootgeword het. In plaas daarvan het God vir Jesus in 'n huishouding van 'n vakman geplaas, wat werk gedoen het wat waarskynlik baie lyk soos die werk wat ek en jy vandag doen.

Die Bybelgeleerde, Dr. Ken Campbell, het uitgewys dat die Griekse woord tektōn ,wat in die meeste van die Bybelvertalings in Markus 6:3 vertaal word as "timmerman", meer akkuraat vertaal kan word as "bouer", iemand wat met klip, hout en somtyds metaal gewerk het om nuwe goed te skep. Volgens Dr. Campbell, het Jesus en Josef waarskynlik 'n klein familiebesigheid bestuur, deur die onderhandeling van 'n prys, verkryging van voorraad en afhandeling van projekte om so tot die gesin se lewenskostes by te dra.

Klink dit bekend? Dit behoort. In die eerste eeu was dit waarskynlik deel van die Joodse kultuur om 'n ambagsman en vakman, soos Jesus en Josef te wees. Hulle werk was moontlik baie soos ons eie werk. 

Hierdie waarheid gee baie waardigheid en betekenis aan die werk wat ek en jy doen om die skepping elke dag te herrangskik. Indien jy ooit twyfel of jou werk saak maak en of jou roeping net so beduidend is as dié van 'n pastoor of "voltydse sendeling", onthou dan van Kersfees. Onthou dat daardie babatjie sou grootword en sy moue oprol om ons aan die goedheid van werk te herinner.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jesus the Creator, Carpenter, Gardener, and King

Jesus openbaar Homself in die Skrif as die Skepper (sedert die begin van alle tye), as 'n timmerman (met sy geboorte in die huis van Josef), tuinier (by die opstanding) en koning (in die nuwe Jerusalem). Hierdie leesplan sal jou lei tot 'n dieper waardering vir elkeen van die verskynings en wat hulle beteken in die werk wat jy elke dag doen.

More

Ons wil graag vir Jordan Raynor bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://jordanraynor.com/carpenter/