Gemeenskapsversoening En Die KerkVoorbeeld

Community Restoration And The Church

DAG 4 VAN 4

Herskepte Denkwyse  

Die doelwit om gemeenskappe te laat herleef en te herskep, begin by die individu, gebaseer op hierdie grondige waarheid: wat 'n mens dink, dit word jy. Anders gestel, jou gedrag word deur jou denke beheer. As jou denkwyse verander, is jy 'n veranderde mens. Individue wat so verander is, herskep ook gesinne en sulke gesinne herstel gemeenskappe.

Ek is 'n sprekende bewys hiervan. Stedelike Baltimore het een van die laagste syfers van gegradueerdes in Amerika. Ek onthou hoe dit was om te probeer studeer in 'n skool met 'n tekort aan personeel, onderwysers wat oorwerk is, waar hulpmiddels ontbreek het en onderwysers weinig motivering vir onderrig gehad het.

Ek kan onthou hoe onmoontlik dit was om verby my huidige werklikheid te kon sien. Tot die dag toe my ouers en mentor my oë vir iets beters — die gedagte aan universiteit — oopgemaak het. My hoërskoolpunte het my nie juis soos 'n student met 'n belowende toekoms laat lyk nie. Ek het nietemin vasgehou aan die oortuiging wat by my ingeskerp is en later wel op universiteit gegradueer. Ek het ook met akademiese eerbewys by die kweekskool en as die eerste swart gegradueerde, 'n doktorale graad van die Dallas Teologiese Kweekskool verwerf. Dit was egter omdat ek mense in my lewe gehad het wat my voortdurend aangemoedig het om verby my eie beperkte perspektief te kyk. Hulle het iets in my opgemerk waarvan ek self nie bewus was nie, en as gevolg daarvan is ek vandag 'n beter mens.

Individue kan verander en gemeenskappe kan herskep word wanneer mense in ander belê en hulle help om verby hul omstandighede te kyk. Omdat die kerk tasbare maatskaplike dienste lewer, kan mense 'n voorskou kry van hoe hul lewens en gemeenskappe kán wees.

Hoe kan jy in iemand belê en die persoon help om 'n lewe anderkant sy huidige omstandighede raak te sien?

Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Jy kan verdere inligting kry deur hier te klik.  

Aangaande hierdie leesplan

Community Restoration And The Church

Daar is baie gesprekke oor gemeenskapsversoening. Mense sal verskillende sienings debatteer. Sommige kerke het paneelgesprekke en ander hou konferensies. Sommige politici belowe nuwe inisiatiewe. Is dit egter alles net praatjies? Is daar praktiese dinge wat ons kan doen wat hervorming kan bewerkstellig? In hierdie 5-dag leesplan gee dr. Tony Evans Bybelse en praktiese stappe wat die kerk kan neem om te help om ons gemeenskappe te herstel.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tonyevans.org/