Gemeenskapsversoening En Die KerkVoorbeeld
Kanaal
Dis nie nodig dat ons nuwe instansies stig om lewensvatbare en blywende oplossings vir gemeenskapsversoening te implementeer nie. Ons moet net dít gebruik wat ons alreeds het. Die plaaslike kerk is die beste kanaal waar ons die nodige elemente vind om sosiale versoening te bereik. Aangesien baie van ons gemeenskapskwessies eties en moreel van aard is, verteenwoordig kerke die natuurlikste sosiale diens om hierdie kwessies aan te spreek. Die kerk verskaf holistiese, langtermyn oplossings wat verandering bring ten opsigte van hoe mense dink — wat uiteindelik bepaal hoe hulle lewe. Daarom behoort die kerk betrokke te wees in alle areas van gemeenskapslewe; insluitend skole, besighede en die regering.
Waarom het ons dan nie verandering in ons gemeenskappe gesien nie? Wel, die een rede is omdat die kerk 'n doodloopstraat geword het waar God se leringe, guns en seëninge ophou vloei het. Die kerk was ontwerp om 'n kanaal te wees waardeur hierdie dinge moet vloei. Dit beteken dat, soos God aan die kerk guns en seëninge gee, moet daardie dinge vir die gemeenskap aangegee word. Die kerk behoort betrokke te wees in plaaslike skole om kinders en ouers te beïnvloed. Die kerk behoort betrokke te wees in plaaslike besighede om die ekonomie te beïnvloed. Die kerk behoort in die plaaslike regering betrokke te wees om die beleid te beïnvloed. Wanneer die kerk strategies in hierdie areas betrokke raak, sal God se seëninge na die gemeenskap vloei en positiewe resultate teweegbring. Ons het nie nuwe programme nodig nie. Dis nodig dat die kerk sal begin funksioneer op die manier waarvoor God dit geskep het.
Hoe kan jou plaaslike kerk skole, besighede en die plaaslike regering in jou gemeenskap beïnvloed?
Aangaande hierdie leesplan
Daar is baie gesprekke oor gemeenskapsversoening. Mense sal verskillende sienings debatteer. Sommige kerke het paneelgesprekke en ander hou konferensies. Sommige politici belowe nuwe inisiatiewe. Is dit egter alles net praatjies? Is daar praktiese dinge wat ons kan doen wat hervorming kan bewerkstellig? In hierdie 5-dag leesplan gee dr. Tony Evans Bybelse en praktiese stappe wat die kerk kan neem om te help om ons gemeenskappe te herstel.
More