Gemeenskapsversoening En Die KerkVoorbeeld

Community Restoration And The Church

DAG 2 VAN 4

Die Volgende Geslag 

Honderde miljoene rande word jaarliks spandeer aan programme, wêreldsending en bedienings wat op volwassenes gerig is, terwyl die rypste oes net oorkant die straat is in die lewens van jongmense wat verlang om te hoor dat hulle waardevol en toegerus is, en dat hulle 'n toekomsverwagting en 'n hoop het. Studies bewys dat uitreike na kinders die grootste moontlike impak het wanneer dit kom by koninkryksbou. Daarom behoort die kerk 'n sterk begeerte te hê om in vennootskap met nabygeleë skole te gaan.

Een rede waarom hierdie vennootskap suksesvol is, is omdat alle gemeenskappe alreeds gesinne, skole en kerke het. Dit is nie nodig om iets "nuuts" te skep nie. In stede daarvan, vat ons die elemente wat reeds in die gemeenskap bestaan en voeg dit by die inhoud en omvang van die evangelie. Met die inhoud van die evangelie deel die kerk die boodskap van redding met gesinne, om sodoende hul denke en lewenswyses te verander. Met die omvang van die evangelie verskaf die kerk sosiale dienste aan studente en gesinne wat in nood is. Dis 'n praktiese manier vir die kerk om die gesin te versterk. Gemeenskappe word positief beïnvloed namate gesinne meer bestendig word. Die rede hiervoor is dat die ineenstorting van gesinne die grootste enkele oorsaak is van sosiale verbrokkeling.

Leerders wat nie hoërskool voltooi nie, verdien in die VSA gemiddeld $260 000 minder per jaar in hul leeftyd as gegradueerdes, en die belastingbetalers moet jaarliks $8 miljard opdok vir hulle sosiale toelaes. Sulke leerders het ook die gevangenisbevolking laat toeneem, wat nou jaarliks 'n koste van meer as $52 biljoen beloop. Tienerswangerskappe neem jaarliks $10 biljoen uit die rekening, by wyse van sosiale toelaes. Hierdie is maar net 'n paar onrusbarende Amerikaanse statistieke, maar daar is vele meer. Die belangrikste punt is dat dit nodig is om ons kinders te help, te ondersteun en toe te rus. Dit is immers makliker om 'n kind te vorm as om 'n volwassene te herstel.

Op watter maniere kan die kerk met skole saamwerk om welsynsdienste aan te bied?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Community Restoration And The Church

Daar is baie gesprekke oor gemeenskapsversoening. Mense sal verskillende sienings debatteer. Sommige kerke het paneelgesprekke en ander hou konferensies. Sommige politici belowe nuwe inisiatiewe. Is dit egter alles net praatjies? Is daar praktiese dinge wat ons kan doen wat hervorming kan bewerkstellig? In hierdie 5-dag leesplan gee dr. Tony Evans Bybelse en praktiese stappe wat die kerk kan neem om te help om ons gemeenskappe te herstel.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tonyevans.org/