Wysheid om Reg te LeefVoorbeeld

Wisdom for Right Living

DAG 3 VAN 7

Die Beste Raad
Nuusflits: Tieners rol hul oë. Wanneer hulle begin om hul identiteit te vind, is een van die dinge wat tieners moet doen, om beheer van hul lewens te neem. Tot op 'n sekere stadium in 'n kind se lewe, maak ouers die reëls en stel die agenda op. Vir die tiener kom daar 'n tyd om die leisels te begin oorneem. Ons hoop dat hulle teen daardie tyd al sekere wyshede baasgeraak het.

Salomo skryf in Spreuke 1:7 dat daar twee maniere is om te lewe: "Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag." Dan gaan hy direk na die volgende: "My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie" (Spreuke 1:8). Hy vrees die alternatief, dat sy seun deur "sondaars" verlei sal word wat hom die wêreld belowe. Hulle sal hom deur onregmatige wins uitlok. Hulle sal hom met rykdom versoek; hulle woorde weerspieël dit: "Ons vat al wat waardevol is en ons maak huise vol met wat ons roof."

Die weë van wyse en onwyse raad is verdeeld. Die raad waarna jy luister, maak saak. Die een sal jou opdraand en die ander jou afdraand lei. Om Jesus se woorde te gebruik: "Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed ... Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal (Matteus 7:13-14).

Na wie luister jy? Wie se raad volg jy? Soos ons ouer word, leer ons dat ons ouers dikwels wyser is as wat ons dink. Natuurlik is hulle nie die enigste bron van wysheid nie, daar is ook ander. Het jy 'n mentor, of as jy al meer volwasse is, is jy 'n mentor vir iemand anders? God plaas ons in kerke, sodat daardie soort hulpbron tot ons beskikking is. Indien jy nie iemand het by wie jy goeie raad kan kry nie, vra vir God om vir jou 'n mentor te gee en hou jou oë oop vir die antwoord op jou gebed. As jy 'n ouer is, lei jy jou kinders in Godgegewe wysheid, en gee jy aan jou eie ouers die nodige respek en waardering?

Gebed: Here, gee my asseblief 'n mentor wat my op 'n Bybelse manier kan lei, wat my goeie geestelike wysheid kan gee; of wys my as daar 'n jonger persoon is wat ek op daardie manier kan help. Laat my op hierdie manier my eie gesin dien. Laat my altyd 'n wyse invloed wees.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wisdom for Right Living

In ons vinnig veranderende en geweldig uitdagende wêreld, het ons wysheid nodig om te leef. Ons samelewing trek en stoot ons in verskillende rigtings, en in hierdie onrus het ons 'n geesteskompas nodig om ons op die regte pad te lei. Ons het wysheid nodig om reg te leef. In dié sewe-dag leesplan, hoofsaaklik op Spreuke gebaseer, verken ons hierdie onderwerp soos aangebied deur Salomo.

More

Ons wil graag vir Kingdom Driven bedank wat hierdie plan voorsien het. Besoek asseblief https://kingdomdrivendaily.com vir meer inligting