Wanneer Jy God Nie Verstaan NieVoorbeeld
Waarom verhoor God nie elke gebed nie?
Billy Graham het gesê: "gebed is eenvoudig 'n tweerigting gesprek tussen jou en God." Om daardie rede kan ons enige tyd van die dag na God, ons Skepper, gaan en weet dat Hy ons sal ontmoet presies daar waar ons is. Is dit nie onbeskryflik dat die God van heelal ons hoor nie?
Ons begryp egter nie alles oor gebed nie, en sê dikwels: "God het nie my gebed verhoor nie." Die waarheid is dat God inderdaad elke gebed beantwood wat ons bid. Partykeer sê Hy "Ja," partykeer sê Hy "Nee," en ander kere sê Hy "Wag." Wanneer ons "nee" of "wag" as 'n antwoord ontvang, neem ons aan dat "Hy nie ons gebed verhoor het nie." Kom ons delf 'n bietjie dieper hierin.
Wanneer God Ja Sê
Die goeie nuus is dat God baie keer ja sê! Dit is waar. Wanneer ons bid en verlossing deur Jesus vra, red Hy ons. Wanneer ons ons sonde bely, vergewe Hy ons. Wanneer ons wysheid vra, staan Hy dit toe. Hy antwoord ook ja op vele ander versoeke wat ons rig — soos om ons vrede te gee wanneer ons senuweeagtig is, om 'n geliefde deur 'n operasie te bewaar, of om in ons behoeftes te voorsien wanneer ons niks meer het nie. God begeer om vir ons goeie en volmaakte geskenke te gee. Hy wil die beste vir ons hê en gee dikwels vir ons dinge wat ons begeer daarmee saam!
Wanneer God Nee Sê
Wat eintlik gebeur het wanneer mense sê dat God nie hul gebed verhoor het nie, is dat God "nee" gesê het. Ons vra God vir die werksgeleentheid, lewensmaat of kind, en Hy staan dit nie toe nie. Dit is moeilik. Ons verstaan nie hoekom God nie sou "ja" sê vir 'n goeie werksgeleentheid, 'n fantastiese lewensmaat of 'n kosbare kind nie. Dit maak net nie sin nie, en om eerlik te wees, maak dit seer. Maar sy "nee" lei dikwels na beter opsies vir ons.
Wanneer God Sê Wag
Om "wag" te hoor, kan soms moeiliker wees as "nee." Ons hoor ook dikwels nie regtig dat God hoorbaar "wag" sê nie, ons wag maar net en neem aan dat God sy antwoord tot later terughou. Dit is nie pret om te wag nie, en ons hou beslis nie daarvan wanneer ons wag dat God ons versoek toestaan nie. Ons moet egter verstaan dat tydsberekening alles is, en dat God nooit laat is nie. Hy weet presies wanneer om "ja" te antwoord op jou bede.
Ongeag van watter antwoord ons op ons gebede ontvang, moet ons verstaan dat God elke enkele gebed wat ons bid hoor en beantwoord. Namate ons geloof groei en ons verhouding met Hom verdiep, sal ons begin om sy "wag" en "nee" antwoorde te vertrou, omdat ons weet dat Hy die beste planne in die wêreld het. Bowendien sal ons ook vrae begin vra waarvan ons weet dat dit in ooreenstemming met sy waarheid en wil is.
Soek God dus bo alles, laat Hom toe om jou hart, verstand, siel en gees te vul en vra Hom om jou begeertes te vervang met die beste wat Hy vir ons wil gee!
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal het al vrae oor God gehad — sommige is beantwoord, en sommige nie. Die waarheid wat ons uit die Bybel leer sal ons help om antwoorde op baie van ons vrae te vind. Die antwoorde wat ons net nie kan kry nie, asook die vrae wat onbeantwoord bly, kan ons as dryfkrag gebruik om God meer intens na te jaag.
More