Rig Jou Gees AfVoorbeeld

Train Your Spirit

DAG 8 VAN 8

Honger hart!

Om ons harte met die Woord van God te voed, help ons harte om sterker en standvastiger te groei. Wanneer ons tyd afstaan om Bybelverse te memoriseer, sal God ons daaraan herinner wanneer ons dit nodig het!

God praat ook met ons deur gebed! Om met God te praat en na Hom te luister kan regdeur die dag 'n voortdurende ope gesprek wees. Ons kan met God in die motor praat, by die skool, terwyl ons teken, hardloop, waar ons alleen speel — enige tyd is 'n goeie tyd om met God te praat! God is ook altyd gereed om met ons te praat!

Speel Preektyd om jou te help om Matteus 4:4 te onthou en kyk dan na die Vers Beweging video sodat jy dit met jou vriende kan deel!

Preektyd

  1. Lees Matteus 4:4 hardop vir jou gesin of vriende.
  2. Verbeel jou dat jy 'n prediker is! Leer jou gesin en vriende wat die vers beteken en alles waarvoor hulle dankbaar kan wees.
  3. Laat elke persoon in die gesin probeer om sonder enige hulp die vers hardop te sê.

Gesels daaroor: Gesels met jou gesin oor jou gunsteling Bybelvers. Dit mag dalk hierdie week se vers wees of dalk 'n ander vers wat jy reeds in die verlede geleer het. Hoe voed die vers jou hart?

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Train Your Spirit

Wanneer jy ja sê vir Jesus, dan kies jy om Hom die leier van jou HELE lewe te maak! Maar hoe kom jy nader aan Hom? Jy moet jou gees afrig. Hierdie leesplan sal jou daarmee help!

More

Ons wil graag vir LifeKids.tv bedank dat hulle hierdie plan voorsien het. Vir verdere inligting besoek asseblief: www.life.church