Rig Jou Gees AfVoorbeeld
Oefentyd!
Om met enigiets beter te word, verg oefening. Of dit is om te leer fietsry, om 'n bal te dribbel of om 'n instrument te bespeel — jy kan net met oefening beter word! Ons kan ons breine oefen om eerste te dink oor wat die Bybel oor iets sê sodat ons altyd kan weet wat die Woord van God daaroor sê!
Eerstens is dit belangrik om in posisie te kom. Net soos rygbyspelers beplan waar hulle op die veld gaan staan sodat hulle die bal kan vang wanneer dit vir hulle gegooi word, kan ons ons tyd beplan om in die beste posisie te wees om van God te hoor. Dit voel nie aan die begin lekker om te oefen nie, maar ons doen dit om sterker te word. Net so voel geestelike oefening nie aan die begin lekker nie — maar ons kies om dit elke dag te doen sodat ons nader aan God kan groei.
Dans 'n Bybel Boogie om jou te herinner aan 1 Timoteus 4:8 en kyk dan na die Vers Beweging video sodat jy dit met jou vriende kan deel!
Bybel Boogie
- Speel 'n vrolike dansliedjie.
- Sing 1 Timoteus 4:8 op die maat van die musiek.
- Maak jou eie danspassies om te wys wat 1 Timoteus 4:8 sê.
- Leer jou lied en dans oor 1 Timoteus 4:8 vir jou gesin.
Gesels daaroor: Watter goeie dinge kan gebeur wanneer ons ons gees oefen?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer jy ja sê vir Jesus, dan kies jy om Hom die leier van jou HELE lewe te maak! Maar hoe kom jy nader aan Hom? Jy moet jou gees afrig. Hierdie leesplan sal jou daarmee help!
More