Oorwinnaar: Vind Krag in Moeilike TydperkeVoorbeeld

Overcomer: Finding Strength in Hard Seasons

DAG 4 VAN 4

Om Terugslae te Verduur

Dawid is as 'n tiener gesalf as die volgende koning. In plaas daarvan om die troon in glansende glorie te bestyg, bring hy jare deur deur te vlug van Israel se huidige koning, wat hom herhaalde kere probeer doodmaak. 

In hierdie tyd weeklaag Dawid teenoor God: hy het openhartige gesprekke oor sy omstandighede, terwyl hy vashou aan die hoop dat God hom kan — en wil — herstel. 

Deur sy geweeklaag gee Dawid uitdrukking aan sy droefheid, roep hy om geregtigheid en onthou hy God se getrouheid. Terwyl hy op God se getrouheid konsentreer, herinner dit hom aan God se karakter en deur God se karakter te ken, help dit hom om aan te hou hoop. Daarom kon Dawid selfs in sy moeilikste omstandighede sê: "U [God] is my toevlug, buiten U het ek geen deel in die land van die lewendes nie!" (Psalm 142:6).

Wat Dawid dalk nie gedurende sy jare as voortvlugtige geweet het nie, was dat hierdie ervarings hom opgelei het om die leier en kryger te word wat Israel nodig gehad het. Die terugslae wat hy verduur het, het sy karakter sterk gemaak en die weg gebaan vir sy toekomstige doel. 

Wanneer jy voor teenkanting te staan kom, kan hartseer 'n gawe wees wat jou sal help om sin te maak van jou omstandighede. Hartseer is egter nie die einde van jou reis nie. 

Wanneer jy jou hoop op Jesus plaas, is jou droefheid nooit tevergeefs nie, want die God wat nog altyd daar was, is ook die God wat dinge doen. Daarom maak dit nie saak wat jy in die gesig staar nie, jy kan aan hierdie hoop vashou: Jesus kan jou terugslae en seerkry vir jou ten goede laat meewerk, tot sy heerlikheid. Hy kan jou pyn vir sy doel aanwend. Hy kan 'n weg deur jou woestyn-tydperke baan. Terwyl jy voortdurend nader aan Hom beweeg, mag jy dalk net ontdek dat jou huidige worsteling jou oplei vir toekomstige doeleindes wat Hy vir jou en die mense om jou het.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overcomer: Finding Strength in Hard Seasons

Om moeilike tydperke te oorkom, kan onmoontlik voel terwyl jy daardeur gaan. Gelukkig is God in staat om meer te doen as wat ons kan vra of ons kan voorstel. Ontdek in hierdie 4-dag leesplan, hoe God jou van pyn en teleurstelling kan verlos en nuwe betekenis daaraan gee.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.