Oorwinnaar: Vind Krag in Moeilike TydperkeVoorbeeld
Om Beproewinge te Verduur
Abraham was gewoond daaraan om te wag. Hy het immers 25 jaar lank vir God gewag om hom sy seun, Isak, te gee. Hy het ook die grootste gedeelte van sy lewe daaraan gewy om deur vreemde lande te swerf, terwyl hy God vertrou het om hom te wys waarheen hy volgende moes gaan. Kan jy jou voorstel wat Abraham gedink het toe God hom eendag vra om sy seun, vir wie hy soveel jare gewag het, dood te maak?
Niemand sou Abraham seker verkwalik het as hy "nee" gesê het of verbitterd, op die verdediging, kwaad of bang geword het nie. In plaas daarvan het hy verkies om te lewe met die spanning om te vertrou dat God tog tussenbeide sal tree én om God nog steeds te aanbid, selfs as Hy dit nié doen nie. Abraham het selfs vir Isak gesê: "God sal sy eie offerlam voorsien" (Genesis 22:8) — terwyl hy voorbereidings tref om Isak te offer.
Uiteindelik spaar God tog Isak se lewe en openbaar die rede vir sy vreemde versoek: Hy wou nooit vir Isak dood hê nie — Hy wou Abraham se volle gehoorsaamheid hê.
God het waardering vir offers wanneer dit uit gehoorsaamheid gegee word, omdat gehoorsaamheid 'n gelowige daad van opofferende liefde is.
Beproewinge toets die omvang van ons gehoorsaamheid deur te onthul waarop ons geloof gebaseer is. As ons sê dat ons God liefhet, maar ons omstandighede toelaat om ons reaksies in moeilike situasies te bepaal, het ons meer geloof in ons omstandighede as in God.
As ons geloof egter gewortel is in die God wat gesag oor alle dinge het, kan ons, soos Abraham, die onbekende tegemoet loop en die spanning verduur deur te glo dat God alle dinge kan herstel — en Hom nog steeds aanbid as Hy dit nie doen nie.
Aangaande hierdie leesplan
Om moeilike tydperke te oorkom, kan onmoontlik voel terwyl jy daardeur gaan. Gelukkig is God in staat om meer te doen as wat ons kan vra of ons kan voorstel. Ontdek in hierdie 4-dag leesplan, hoe God jou van pyn en teleurstelling kan verlos en nuwe betekenis daaraan gee.
More