Oorwinnaar: Vind Krag in Moeilike TydperkeVoorbeeld

Die Krag om te Verduur
Was jy al ooit in so 'n moeilike tydperk gewikkel dat dit voorgekom het of daar geen einde aan is nie? Dalk is jy gestroop van geriewe waaraan jy gewoond geraak het, of miskien het jy gestry teen gevoelens van teleurstelling of nederlaag. Wat jy ook al in die gesig staar, jy is nie alleen in jou ervaring nie.
Job het sy rykdom, hulpbronne, gesag, gesin, gesondheid en vriendskappe verloor.
Die profeet Jeremia het toegekyk hoe sy land ten gronde gaan en sy vriende in ballingskap weggevoer word.
Die profeet Jesaja is na bewering in twee gesaag omdat hy geprofeteer het. Hy het gesterf sonder om die Verlosser te sien oor wie hy geprofeteer het.
Die twaalf apostels het sluipmoord aanvalle, vervolging, hongersnood, gevangenskap, afsondering, siekte en die dood verduur. Hulle het almal gesterf terwyl hulle in afwagting van Christus se wederkoms was.
Daar is baie weergawes in die Skrif van mense wat intense pyn, lyding, swaarkry en verlies verduur het. Hierdie mense het egter volhard omdat hulle geweet het dat niks — nie eens die dood — hulle van God se ewige beloftes kon uitsluit nie.
Omdat ons wêreld gebroke is, gebeur daar slegte dinge. Wanneer ons in omstandighede beland wat buite ons beheer is, is teleurstelling 'n natuurlike gevolg en rou noodsaaklik.
Tog, selfs in oomblikke van uiterste hartseer, pyn, seerkry en teleurstelling, kan Jesus sy goedheid en genade op verstommende maniere aan ons bewys.
Oor die volgende drie dae, sal ons tesame die lewens oordink van verskillende Bybelse figure wat moeilike tydperke in getrouheid verduur het. Kom ons ontdek saam hoe God hulle pyn vir groter doeleindes gebruik het.
Aangaande hierdie leesplan

Om moeilike tydperke te oorkom, kan onmoontlik voel terwyl jy daardeur gaan. Gelukkig is God in staat om meer te doen as wat ons kan vra of ons kan voorstel. Ontdek in hierdie 4-dag leesplan, hoe God jou van pyn en teleurstelling kan verlos en nuwe betekenis daaraan gee.
More
Verwante Leesplanne

Wat is God Besig om te Doen?

Om op God te Wag

Woorde wat Lewe Gee

Geloof, Hoop & Liefde

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil

Hantering van Onsekerheid

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding
