Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 13 VAN 14

God roep ons om Hom op te soek, om na Hom uit te roep en nooi selfs die goddelose om na Hom terug te keer. Wat sal gebeur wanneer ons dit doen? God sal "medelye" met ons hê. Die parallelle van Hebreeuse gedigte gee ons 'n ander manier om te sê dat God medelye teenoor ons sal toon — "Hy sal oorvloedig vergewe". Dit is 'n diepgaande vertroosting vir ons, want ons bevind onsself dat ons keer op keer wegdwaal van die Vader af en soek na sielevrede op enige plek behalwe in sy omhelsing en sy onderrig. 

Om na God terug te keer in vars berou, hoe beskaamd en ontevrede ons ook al met onsself voel, sal Hy nie halfhartig vergewe nie. Hy sal oorvloedig vergewe. Hy aanvaar ons nie net nie. Hy omvou ons weer in sy arms. 

Neem kennis wat die verse sê. Jesaja 54:7 gee ons dieper insig in hierdie medelye en oorvloedige vergifnis. Vers 7 praat met die taal van oorvloedige vergifnis en medelye: "Net 'n oomblik het Ek jou verstoot, in my groot liefde vat Ek jou terug". Dit vertel ons wat God doen. Jesaja 55:8 en 9 — wanneer dit praat van hoe God dinge doen omdat sy gedagtes nie soos ons gedagtes is nie — dit is nie net om ons te vertel wat God doen nie, dit is om dieper te delf in wie Hy is

Jesaja druk in vers 8 God se beloftes van medelye en oorvloedige vergifnis uit: "My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here." Dit is God wat vir ons sê dat ons nie sy betuiging van genade met ons oë kan sien nie. Ons siening van God moet verander. 

Wat sal ons sê van 'n sewejarige wat 'n verjaarsdag geskenk by sy liefdevolle vader kry en onmiddellik skarrel om sy spaarbussie te gaan haal en sy pa terugbetaal? Hoe pynlik sou dit vir 'n vader se hart wees? Die kind moet sy siening verander oor wie sy vader is en wat sy vader bly maak om vir hom te doen.

God se hart van medelye verstom ons intuïtiewe vooroordeel oor hoe Hy dit geniet om op sy mense te reageer indien hulle die puin en wrakke van hulle lewens in sy skoot kom neersit. 

Hy is nie soos jy nie. Selfs die diepste menslike liefde is maar die vaagste eggo van die hemelse oorvloedige waterval van God se liefde. Sy hart wat gevul is met gedagtes aan jou oorskry wat jy kan begryp. Hy beoog om jou te herstel in die stralende glans waarvoor jy geskape is. 

Dit is nie afhanklik van jou om jouself skoon of rein te hou nie, maar van jou om jou deurmekaar lewe na Hom toe te neem. Hy beperk nie Homself om net met die ongerepte dele van ons lewens na 'n leeftyd van sonde te werk nie. 

Sy krag loop so diep dat Hy in staat is om die ergste dele van ons verlede te verlos en in die mees skitterende dele vir ons toekoms te verander. Ons moet egter daardie donker ellende na Hom toe te neem.

Wanneer Jesus sewe honderd jaar later opdaag nadat Jesaja sy koms voorspel het en bekend maak dat sy hart "sag en nederig" is, het Hy vir eens en vir altyd bewys dat sagte nederigheid inderdaad is waar God graag woon. Dit is wat Hy doen. Dit is wie Hy is. Sy weë is nie ons weë nie.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen het nie, maar hoe Hy oor jou voel en deur dit te doen hoe jy diepgaande en blywend verander word.

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/