Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld
Wie is God?
As ons net een Skrifgedeelte uit die Ou Testament kon kies om dié vraag te antwoord, sou dit moeilik wees om te verbeter op Eksodus 34. God het vir Moses in die skeur van 'n rots laat staan en Homself aan Moses geopenbaar, deur in sy heerlikheid verby Moses te gaan.
Eksodus 34:6-7 is nie 'n eenmalige beskrywing nie, dit is nie 'n kantaantekening van verbygaande aard nie. In hierdie teks bevind ons onsself by die kern van wie God is.
"Barmhartig en genadig". Hierdie is die eerste woorde uit God se mond nadat Hy sy Naam verklaar het ("die Here" of "Ek Is"). Die eerste woorde. Die enigste twee woorde wat Jesus gebruik om sy eie hart te beskryf is sag en nederig. Die eerste twee woorde wat God gebruik om te beskryf wie Hy is, is barmhartig en genadig.
God openbaar nie sy heerlikheid as: "Die Here, die Here, presies en noukeurig." Of: "Die Here, die Here, geduldig en bereid om oor die hoof te sien" nie of: "Die Here, die Here, teleurgesteld en gefrustreerd" nie. Sy hoogste prioriteit, diepste vreugde en eerste reaksie — sy hart — is barmhartig en genadig. Hy kom ons sagkens tegemoet op ons voorwaardes eerder as om ons te oorweldig met Syne.
Die ongelykmatigheid van Eksodus 34:6-7 laat ons skrik. Genade en liefde troon hoog uit — vergeldende geregtigheid word erken, maar amper soos 'n noodsaaklike nagedagte. Die Christelike lewe vanuit een hoek gesien, is die lang reis van ons natuurlike begrip oor wie God is, wat oor baie dekades gevorm is en wat besig is om weg te val, sodat dit stadig vervang word met God se eie aandrang oor wie Hy is.
Dit is harde werk. Dit verg baie preke en baie lyding om te glo dat God se hart ten diepste "barmhartig en genadig is en stadig om kwaad te word."
Die sondeval in Genesis 3, het ons nie net na oordeel en ballingskap gestuur nie. Die val het ook ons denke oor God met donker gedagtes verskans, gedagtes wat oor baie jare uitgegrawe is deur veelvuldige blootstelling aan die evangelie.
Miskien is die Satan se grootste oorwinning in jou lewe vandag nie die sonde waaraan jy jou gereeld oorgee nie, maar in die donker gedagtes oor die hart van God wat hy in jou plant — wat veroorsaak dat jy jou afsydig teenoor Hom hou.
Ons lees in Eksodus 34 hoe diep die hart van God vir ons voel. Ons word verwys na die hart van 'n Galilese timmerman. Jesus het sy hart vir ons regdeur sy lewe gewys en die hoogtepunt was toe Hy op 'n Romeinse kruis vir ons gesterf het en namens ons afgedaal na die hel in God-verlatenheid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen het nie, maar hoe Hy oor jou voel en deur dit te doen hoe jy diepgaande en blywend verander word.
More