Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 11 VAN 14

Wat beteken dit dat Christus 'n vriend van sondaars is? Dit beteken ten minste dat Hy dit geniet om tyd saam met hulle deur te bring. Dit beteken ook dat Hy tussen hulle welkom en gemaklik voel. In 'n treffende Skrifgedeelte in die evangelie van Lukas 15:1, ontdek ons dit sê: "Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister." 

Die einste twee groepe mense waarvan Jesus beskuldig is om mee vriende te wees in Matteus 11, is diegene wat nie van Hom af kon wegbly nie (Lukas 15). Hulle is gemaklik om Hom. Hulle het iets anders omtrent Hom aangevoel. Hulle is deur ander op 'n afstand gehou, maar Jesus het die aanloklike prikkeling van vars hoop gebring. Wat Hy eintlik besig was om te doen, was om hulle in sy hart in te trek.

Hier is die belofte van die evangelie en die boodskap van die hele Bybel: In Jesus Christus, het ons 'n Vriend wat altyd ons teenwoordigheid sal geniet en nie ons teenwoordigheid sal wegwys nie. Hy is 'n metgesel wie se omhelsing nie sterker of swakker word of wat staat maak op hoe skoon of vuil, hoe aantreklik of aaklig, hoe getrou of wispelturig ons tans is nie. Die vriendelikheid van sy hart is so subjektief op ons gerig en stabiel ter wille van ons, soos in die onpartydige verklaring in sy regverdiging van ons.

Sal baie van ons nie erken dat selfs saam met ons beste vriende ons nie heeltemal gemaklik voel om inligting oor ons lewens te deel nie? Ons hou van hulle, en is selfs lief vir hulle, gaan saam met hulle op vakansie en prys hulle teenoor ander — maar op ons diepste vlak vertrou ons onsself nie aan hulle toe nie.

Wat as jy 'n Vriend het wat die middelpunt van jou verhoudingskring is, wat jy weet nooit sy wenkbroue sal lig oor wat jy met Hom deel nie, selfs nie oor jou slegste dele nie? By al ons menslike vriendskappe is daar 'n grens van wat hulle kan verdra. Wat as daar egter 'n Vriend is by wie geen grense is nie?

Dit sal wreed wees om te beweer dat menslike vriendskappe onbelangrik is wanneer jy eers vriende met Christus geword het. God het ons gemaak vir gemeenskap, vir eensgesindheid van hart met ander mense. Almal word eensaam — selfs introverte. 

Christus se hart vir ons beteken egter dat Hy ons mees betroubare vriend sal wees, ongeag watter vriende ons hier op aarde geniet of nie. Hy bied aan ons 'n vriendskap wat tot onder die pyn van ons eensaamheid deurdring. 

Solank as wat daardie pyn nie weggaan nie, maak die dieper verhouding met Jesus dit meer draaglik. Hy gaan saam met ons deur elke oomblik. Hy ken die pyn om deur 'n vriend verraai te word, maar Hy sal ons nooit verraai nie. Hy sal ons nie eens met 'n koue skouer welkom heet nie. 

Dit is nie wie Hy is nie. Dit is nie hoe sy hart is nie.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen het nie, maar hoe Hy oor jou voel en deur dit te doen hoe jy diepgaande en blywend verander word.

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/