Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld
Wanneer ons Christus aanvaar, skrik ons vir die skoonheid van sy verwelkomende hart. Die verbasing self trek ons nader aan Hom.
Het ons al nagedink oor die lieflikheid van God se hart?
Miskien is skoonheid nie 'n kategorie wat natuurlik in ons gedagte opkom wanneer ons aan Christus dink nie. Miskien dink ons aan God en Christus in terme van waarheid en nie skoonheid nie. Die rede waarom ons omgee oor streng leerstellings, is ter wille daarvan om die skoonheid van God te behou, net soos die rede waarom ons omgee vir effektiewe fokuslense op 'n kamera om die skoonheid van wat ons afneem met presisie vas te vang.
Laat Jesus toe om jou nader te trek deur die mooiheid van sy hart. Dit is 'n hart wat die onboetvaardiges verwyt met gepaste hardvogtigheid, maar die boetvaardige met meer openhartigheid koester as wat ons kan voel.
Dit is 'n hart wat ons laat wandel in die helder weivelde van God se liefde vir ons. Dit is 'n hart wat die veragte en verlatene nader trek deur self-ondersoekende hoop. Dit is 'n hart met volmaakte balans en verhouding, wat nooit oorreageer nie, nooit verskoning maak nie en nooit teen ons uitvaar nie.
Dit is 'n hart wat klop om na die behoeftige om te sien. Dit is 'n hart wat dié wat ly met diepe vertroosting oorstroom uit eensgesindheid in daardie lyding. Dit is 'n hart wat sag en nederig is.
Laat die hart van Jesus dus nie net sag teenoor jou wees nie, maar ook lieflik teenoor jou wees. As ek dit so mag stel: om romanse met die hart van Jesus te ervaar. Al wat ek bedoel is, dink na oor sy hart. Laat jouself toe om daardeur bekoor te word.
Waarom nie sonder haas jou lewe in stilte bou nie, waar jy tussen ander dissiplines, die glans van wie Hy eintlik is kan oordink, wat Hom opgewonde maak, wat sy diepste vreugde is? Waarom nie jou siel ruimte gee om keer-op-keer deur Christus betower te word nie?
Wanneer jy na die beroemde ouer heiliges in jou kerk kyk, hoe dink jy het hulle daar gekom? Wyse leerstellings, ja. Sonder twyfel deur vasbeslote gehoorsaamheid. Beslis ook lyding sonder om sinies te word.
Maar miskien is daar ook 'n ander rede, miskien is die ware rede, dat hulle met verloop van tyd oortuig is deur hulle diepste toegeneentheid teenoor 'n saggeaarde Verlosser. Miskien het hulle net oor baie jare eenvoudig die verbasing gesmaak van 'n Christus wat hulle deur hulle sondes nader getrek het in plaas daarvan om hulle weg te stoot.
Miskien het hulle nie net geweet dat Jesus hulle liefhet nie, maar het dit ook gevoel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen het nie, maar hoe Hy oor jou voel en deur dit te doen hoe jy diepgaande en blywend verander word.
More