Geloof In Plaas van Vrees in Die PandemieVoorbeeld
Die Krag van Gebed
As ons deur vrees omring word, moet ons onthou om te bid! Dit is so maklik om hierdie belangrike rol in ons verhouding met Jesus te vergeet.
As ons vasgevang is in beproewings, struikelblokke en moeilike omstandighede, is ons geneig om dit self te probeer beveg. Ons het egter vir Jesus by ons om ons te help. Gebed speel 'n belangrike rol in ons geloof en kan die vrees verlig! Vandag wil ek jou aanmoedig om teen die vrees te bid.
LEWENSTOEPASSINGSVRAE
- Hoe benader jy gewoonlik gebed? Bid jy in moeilike tye … of in goeie en slegte tye?
- Waarom dink jy is dit so?
- Hoe reageer jy — te midde van hierdie maalstroom wat die Coronavirus veroorsaak en te midde van die leed wat jy en jou geliefdes kan opdoen — op die idee dat die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, die soort is wat kragtige resultate lewer?
- Neem 'n oomblik om jou Bybel oop te maak en Hebreërs 4:14—16 te lees. Wat sê God vir jou? Waarom behoort jy Hom te glo?
- Sit 'n tydjie opsy — stil en rustig — om tot God te bid; om met vrymoedigheid voor die troon van genade te kom, om in sy teenwoordigheid te bly en om Hom toe te laat om jou met sy vertroue en sy liefde te vul.
Jy kan elke dag meer VARS inspirasie uit God se woord in jou inboks ontvang!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In 'n tyd waarin vrees baie harte aangryp — selfs die harte van diegene wat in Jesus glo — is dit tyd om standpunt in te neem. Dit is tyd om in ons geloof vrymoedig te wees en om die lig van Jesus se liefde in die harte van diegene rondom ons te laat skyn. Sluit aan by Berni Dymet van Christianityworks, wat die woord van God duidelik maak, sodat die Heilige Gees jou 'n stille vertroue kan gee.
More