Geloof In Plaas van Vrees in Die PandemieVoorbeeld

Faith Instead of Fear in The Pandemic

DAG 4 VAN 5

Sal Dit My Beïnvloed?

Wanneer daar storms kom, is ons mees algemene reaksie om na te dink oor hoe dit ons persoonlik sal beïnvloed. Dis belangrik om te onthou dat ons nie alleen is nie, maar dat Jesus saam met ons in die boot is tydens die stormagtige weer! Ek wil jou bemoedig dat jy te midde van die storm steeds in geloof kan wandel. 

LEWENSTOEPASSINGSVRAE 

  • Wees heeltemal eerlik met jouself — tot watter mate oorheers jou eiebelang en jou instink vir selfbehoud, jou denke op hierdie oomblik? 
  • Hoe vereenselwig jy jou met die prentjie van die dissipels (wat pas gesien het hoe Jesus 5 000 mense kos gegee het), maar nou met vrees vir hul lewens in daardie bootjie gesit het? 
  • Wat beteken dit vir jou, te midde van hierdie storm, dat Jesus na jou toe sal stap op daardie rowwe see? 
  • Wees weer heeltemal eerlik met jouself; vereenselwig jy jou meer met Petrus wat te midde van die storm uit die boot geklim het, of met die ander elf dissipels? 
  • Bring tyd in gebed deur en vra dat die Here vir jou moed sal gee om te midde van hierdie pandemie uit die boot te klim.   

 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Faith Instead of Fear in The Pandemic

In 'n tyd waarin vrees baie harte aangryp — selfs die harte van diegene wat in Jesus glo — is dit tyd om standpunt in te neem. Dit is tyd om in ons geloof vrymoedig te wees en om die lig van Jesus se liefde in die harte van diegene rondom ons te laat skyn. Sluit aan by Berni Dymet van Christianityworks, wat die woord van God duidelik maak, sodat die Heilige Gees jou 'n stille vertroue kan gee.

More

Baie dankie aan Christianityworks wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://christianityworks.com/