Geloof In Plaas van Vrees in Die PandemieVoorbeeld
Hy Het Dit
Dit kan moeilik wees om 'n sterk geloof in tye van vrees te hê. As al wat jy rondom jou sien, bekommernis en onsekerheid is, is dit moeilik om nie toe te laat dat dit jou gedagtes, wese en alledaagse leefstyl beïnvloed nie. Hoe staan ons vas in ons geloof? In vandag se oordenking sal ek die stappe wat jy kan neem om nie vasgevang te raak in die vrees nie, met jou deel.
LEWENSTOEPASSINGSVRAE
- Hoe sterk voel jy op die oomblik in jou geloof? Waarom dink jy is dit so?
- Wat openbaar jou reaksie op die Coronavirus pandemie oor jou geloof in Jesus?
- Maak nou jou Bybel oop en lees Psalm 139:16. Wat word bedoel met die stelling dat God al jou dae reeds bepaal het, nog voordat hulle bestaan het?
- Wat sal hierdie woorde vir jou beteken op jou laaste dag, wanneer dit ook al mag kom (hetsy vroeër of later)?
- Neem tyd om te bid dat God, die Heilige Gees, hierdie kragtige waarhede op jou hart sal skryf.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In 'n tyd waarin vrees baie harte aangryp — selfs die harte van diegene wat in Jesus glo — is dit tyd om standpunt in te neem. Dit is tyd om in ons geloof vrymoedig te wees en om die lig van Jesus se liefde in die harte van diegene rondom ons te laat skyn. Sluit aan by Berni Dymet van Christianityworks, wat die woord van God duidelik maak, sodat die Heilige Gees jou 'n stille vertroue kan gee.
More