OpgestaanVoorbeeld

Opgestaan

DAG 7 VAN 43

Lees: 1 Korintiërs 15:50-58; 2 Korintiërs 4:11-14

SOAP: 1 Korintiërs 15:56-58

Die opstanding het alles verander, en die krag van sonde is geen uitsondering nie. Ons sonde is 'n konstante herinnering aan die dood (Romeine 6:23) en die tydelike aard van ons lewe op aarde. Sonde het krag deur die wet, wat op elke menslike hart geskryf is, wat ons help om te onderskei tussen reg en verkeerd (Romeine 2:15). Maar as gevolg van Christus en sy opstanding, het ons oorwinning oor sonde en dood. 

Die opstanding het hoe ons sonde en dood sien, verander. As gelowiges moet sonde 'n herinnering wees van die oorwinning wat ons in Christus het. Christus veroordeel ons nie wanneer ons sondig nie (Romeine 8:1). Soos ons leef in die lig van die waarheid dat ons oorwinning oor die dood het, kan ons voortgaan om getrou te wees in ons arbeid vir die Here. Ons kan voortgaan en vas staan in die oorwinning wat ons oor sonde en dood het as gevolg van die opstanding. 

Here Jesus, ek loof U vir u verlossingswerk. U het my lewe verander deur my hoop te gee in die ewigheid met U en oorwinning oor sonde in my lewe. U krag gee my lewe. Help my om vandag sterk in hierdie waarheid te staan. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Opgestaan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.

More

Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/