OpgestaanVoorbeeld

Opgestaan

DAG 12 VAN 43

Lees: Matteus 26:36-56; Handelinge 26:22-23

SOAP: Handelinge 26:22-23

Toe Paulus gevange geneem en verhoor is, het hy hom voor Koning Agrippa in Sesarea verdedig. Paulus se getuienis het as voorbeeld gedien van die opstandingswerk van Christus en dit geëer. God het Paulus baie gehelp en Paulus het net gepraat oor die goedheid en getrouheid van God. Paulus se getuienis was dieselfde getuienis as dié van die profete, wat vir eeue lank vertel het van die koms van die Messias wat God se mense sou verlos. 

Paulus se enigste getuienis was die werk van Christus. Christus het gely, het gesterf en is begrawe en was die eerste om uit die dood op te staan. Na sy opstanding het Hy lig verkondig aan beide die Jode en nie-Jode. Paulus is so diep verander deur die hulp wat hy van God ontvang het, dat hy nie anders kon as om dit aan die wêreld te verkondig nie. Paulus is deur die opstanding verander op dieselfde manier waarop ons verander is. Hy was nie meer langer 'n slaaf van sonde en dood nie, maar hy was lewend in Christus. Ons ervaar dieselfde verlossing wanneer ons met Christus wandel. 

Dierbare God, ek staan in ootmoed oor u getrouheid. Dankie dat U uself bekend maak deur alle generasies heen, deur Moses en die profete, deur Jesus en deur Paulus. Help my om 'n getuienis en 'n getuie van u goedheid en getrouheid te wees. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Opgestaan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.

More

Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/