OpgestaanVoorbeeld

Opgestaan

DAG 14 VAN 43

Lees: Matteus 27:1-14; Kolossense 1:15-23

SOAP: Kolossense 1:21-23

Heilig. Sonder smet. Dit is hoe Christus ons aan God voorstel. Ons sonde het veroorsaak dat ons vyande van God was. Ons het vir onsself geleef, en nie geglo dat God was wie Hy gesê het Hy was nie. Christus het dit alles verander toe Hy sy eie fisiese liggaam laat sterf het. Deur Christus se dood, is ons met God versoen. 

Deur die opstanding van Christus, kan ons hierdie hoop uitleef. God verdoem ons nie. Christus het al ons sonde en skaamte weggeneem en ons is sonder blaam voor Hom. Die opstanding verander ons geestelik en laat ons toe om hierdie waarheid uit te leef. Soos ons vir Christus leef, bly ons standvastig, en hou ons vas aan die hoop van die evangelie. Ons is diensknegte van Christus, en ons verkondig aan die wêreld die oorwinning en verlossing wat ons in Christus het. 

Here Jesus, ek loof U vir die ongelooflike verlossingswerk wat U vir my gedoen het. Dankie dat U die dood, wat ek verdien het, op U geneem het en my met God versoen het deur U dood. Help my om ferm te bly in my geloof. Help my om nie die hoop wat ek in die evangelie het, te verloor nie. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Opgestaan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.

More

Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/