OpgestaanVoorbeeld
![Opgestaan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18666%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Johannes 21:15-25; Openbaring 22:20
SOAP: Openbaring 22:20
Christus se opstandingswerk is voltooi toe Jesus opgestaan het uit die dood. Die volheid van die opstanding is nog nie en sal nie ten volle verwesenlik word tot Jesus se wederkoms nie. Dit is die spanning waarin ons leef - die "alreeds" maar nog nie "ten volle" nie. Jesus het alreeds die opstandingswerk voltooi, maar ons is nog nie opgewek in ons verheerlikte liggame nie.
Ons lewens kan hierdie hoop reflekteer. Wanneer ons vasstaan in ons geloof, kan ons lewe in die lig van die opstanding. Ons kan onthou dat Jesus weer gaan kom en rustig wees in die wete dat ons by Hom sal wees vir Ewig. Sy woorde is waar en getrou, en Hy sal weer kom. Wanneer ons ons hoop en ons toekoms in Christus plaas, in plaas van ons omstandighede, sal ons 'n ongelooflike getuie vir die wêreld wees wat nog nie ons Verlosser ken nie.
Here Jesus, help my om te leef as 'n lig en 'n getuie vir die waarheid van die opstanding. Help my om te onthou dat alhoewel U die opstandingswerk voltooi het, die volheid van daardie werk nog nie verwesenlik is nie. Help my om só te lewe dat ek U eer terwyl ek gretig wag op u terugkoms. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Opgestaan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18666%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.
More
Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/