OpgestaanVoorbeeld

Opgestaan

DAG 40 VAN 43

Lees: Johannes 20:19-31; Johannes 6:40

SOAP: Johannes 20:31

Alhoewel dit waardevol en belangrik is om die doel en bedoeling van die skrywers van die Bybel te ontdek, kan dit moeilik en uitputtend wees. Daarom is dit verfrissend wanneer 'n skrywer die redes hoekom hulle geskryf het wat geskryf is, duidelik uiteengesit het. Johannes het dit aan die einde van sy evangelie gedoen, nadat hy 'n gedetailleerde weergawe van die lewe, dood en opstanding van Christus gegee het.
Geïnspireer deur die Heilige Gees, het Johannes die woorde van sy evangelie geskryf, veral die verhaal van die opstanding van Jesus, sodat ons sou glo dat Jesus die Christus, die Seun van God is. Hy het hierdie woorde geskryf sodat ons in Hom sou glo en dat ons lewe sou hê deur in Sy Naam te glo. Hoe genadig is God om Homself nie net deur sy Seun te openbaar nie, maar ook die doel waarom Hy Hom gestuur het, duidelik aan ons te verklaar: dat ons lewe in sy Naam kan hê.
Die opstanding verander alles. Dit gee ons lewe vandag en lewe vir ewig. Mag ons altyd bemoedig en oorweldig word met hoop as ons hierdie woorde lees.
Here Jesus, dankie dat U Uself duidelik geopenbaar het in U opstanding. Dankie dat U dit vir ons duidelik gemaak het waarom U Johannes en die ander skrywers die evangelies laat skryf het. Dankie dat U hierdie wonderlike waarhede aan ons beskikbaar gestel het en dat U my toe gelaat het om te leef in 'n tyd en plek waar ek u Woord kan lees en verstaan. Amen. 
Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Opgestaan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.

More

Ons bedank Lief God God vir die feit dat ons hierdie plan voorsien het. Besoek gerus vir meer inligting: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/