Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 10 VAN 23

Hoe om Voor te Berei om Jou Lewenslesse te Deel


God het 'n lewensles in jou geplaas.


Toe jy 'n gelowige geword het, het jy ook God se boodskapper geword. God wil met die wêreld deur jou praat.


Jy dink dalk jy het niks om met ander te deel nie, maar dis die duiwel wat probeer om jou stil te maak. Jy het 'n stoorkamer vol ervaringe wat God wil gebruik om ander in sy familie in te bring.


Die Bybel sê: "Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart ..." (1 Johannes 5:10a).


Hierdie manier kan jou byvoorbeeld help as voorbereiding hoe om jou lewenslesse te deel: Skryf jou belangrikste lewenslesse neer. Ons moet dankbaar wees dat Salomo dit gedoen het, want nou het ons die boeke Spreuke en Prediker wat met praktiese lewenslesse gevul is. Kan jy jou indink hoeveel onnodige frustrasie ons kon vermy as ons net uit mekaar se lewenslesse geleer het?


Om te begin, kan jy jou geheue met hierdie paar vrae verfris:


• Wat het God jou deur mislukking geleer? (Psalm 51)
• Wat het God jou deur 'n gebrek aan geld geleer? (Filippense 4:11-13)
• Wat het God jou deur pyn, hartseer of depressie geleer? (2 Korintiërs 1:4-10)
• Wat het God jou geleer deur te wag? (Psalm 40)
• Wat het God jou deur siekte geleer? (Psalm 119:71)
• Wat het God jou deur teleurstelling geleer? (Genesis 50:20)
• Wat het jy by jou gesin, jou kerk, jou verhoudinge, jou kleingroepie en jou kritici geleer?


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid