Boodskappe uit die Hemel: Luister na die Here in jou Daaglikse LeweVoorbeeld

Hearing From Heaven: Listening for the Lord in Daily Life

DAG 3 VAN 5

"'Ek Is' het my na julle toe gestuur"

As 'n kind was ek lief daarvoor om verhale te hoor van hoe God die Israeliete uit Egipte gered het. Ek het aanklank by die verhale gevind. Die uiterste armoede waarin ek geleef het, het baie ooreenkomste met die lewe van 'n slaaf in Egipte getoon.

Wanneer jy in die arm woonbuurte van Nairobi groot word, laat Kenia jou na die Here roep. Jy sal by Hom pleit om jou te verlos van die haglike armoede waarvan jou familie net nie kan ontsnap nie. Die wete dat God my hulproep sou hoor, het my vertroos. Hy sou kom help. Ek kon soos die psalmdigter uitroep: "... waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het" (Psalm 121:1-2).

Die verhaal oor die uittog uit Egipte was ‘n bewys dat God sy mense se voortdurende hulproep gehoor het, en hulle vir sy koninkryk wou red. Hy sien jou ook raak.

God het 'n man geroep om sy mense uit slawerny te lei. God het Moses verseker dat Hy by hom sou wees: "... ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur" (Eksodus 3:14b). Moses moes luister en wéét wie hom roep. As gelowiges moet ons onthou Wie ons geroep het tot die lewe wat ons lei. Jesus — die ‘Ek is’ — is by ons. Hy is die Een wat ons lei en in staat stel om die werk waartoe Hy ons geroep het, uit te voer.

Die Here het gesien hoe die Israeliete in Egipte sukkel en het hulle gered.

Wag jy vir God? Voel dit al soos ‘n ewigheid? Ons wag geduldig op God tydens armoede, siekte, rykdom en alle ander situasies, want ons weet Hy hoor ons gebede en sien die omstandighede raak wat ons in die gesig staar. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From Heaven: Listening for the Lord in Daily Life

Die Here is vandag lewendig en aktief en Hy praat direk met elkeen van sy kinders. Soms is dit egter moeilik om Hom te sien en te hoor. Deur hierdie verhaal van een man se reis om die stem van God in die arm woonbuurte van Nairobi te verstaan, sal jy leer hoe dit lyk om Hom te hoor en te volg.

More

Ons wil graag "Compassion International" vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek: https://www.compassion.com/youversion