Boodskappe uit die Hemel: Luister na die Here in jou Daaglikse LeweVoorbeeld

Hearing From Heaven: Listening for the Lord in Daily Life

DAG 2 VAN 5

"Praat, Here, u dienaar luister!"

God het nog altyd duidelik met sy mense gepraat. Hy het deur priesters en profete aan diegene wat Hom liefhet en op Hom staatmaak, lewegewende waarhede geopenbaar. Hy hou steeds daarvan om met sy mense te praat! As ons egter nie in staat is om te sien en te hoor nie, sal ons lewens as volgelinge van Christus byna onuithoudbaar word.

Kan jy jou 'n lewe voorstel waar dit ongewoon sou wees om die Woord van God te hoor? Dat daar dae, miskien jare sou verbygaan sonder om van God te hoor? Dit klink verskriklik hopeloos. Dit is egter presies wat in 1 Samuel gebeur het. Terwyl die Here se mense daarna verlang het om sy stem te hoor, het Hy gekies om Homself aan 'n jong man te openbaar.

Jong Samuel het nog nie God se stem geken nie. Toe Samuel die geroep hoor, was sy eerste reaksie om na sy menslike mentor toe te hardloop! Deur Eli se wysheid het Samuel egter begin verstaan aan Wie die stem behoort en hoe dit klink.

Die stem van God kan herken word. Ons moet eenvoudig weet waarna om te luister! 

Ek het as 'n jong seun die “Compassion International” program bygewoon, waar ek hierdie verhaal gelees het — dit het my uitsonderlik bemoedig. Ek het in uiterste armoede geleef en wou altyd hê dat God Homself op 'n groot en kragtige manier aan my moes openbaar. Wat sou ek doen as Hy Homself waarlik aan my openbaar het? Wat sou Hy van my vra?

Leer om na die stem van Waarheid te luister, eerder as na die stem van twyfel, hopeloosheid en wanhoop. Oefen jou oor om sy goeie nuus te hoor! Die Here het sy Woord aan ons gegee in die vorm van 'n Boek — lees sy waarheid, spesiaal vir jou in die Bybel vervat. Soek na 'n mentor wat die Here se stem ken en doen saam Bybelstudie. Sluit by 'n groep gelowiges aan wat die Here ken en liefhet, en wat jou kan ondersteun terwyl jy na die stem van die Here soek.

Eli het vir Samuel geleer hoe hy op die Here se stem moet reageer: "Praat, Here, u dienaar luister" (1 Samuel 3:10). Wat 'n pragtige reaksie! Ons moet op dieselfde wyse reageer elke keer as ons Hom hoor praat.

Die Here wil Homself aan sy mense openbaar. Hy wil ons lei en vir ons die regte pad wys. Ken jy God se stem? Soek jy leiding vir die volgende treë in jou lewe, besigheid, opvoeding, familie of bediening? As dit jou gebed is, bid saam met my: "Praat, Here, want u dienaar luister."

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From Heaven: Listening for the Lord in Daily Life

Die Here is vandag lewendig en aktief en Hy praat direk met elkeen van sy kinders. Soms is dit egter moeilik om Hom te sien en te hoor. Deur hierdie verhaal van een man se reis om die stem van God in die arm woonbuurte van Nairobi te verstaan, sal jy leer hoe dit lyk om Hom te hoor en te volg.

More

Ons wil graag "Compassion International" vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek: https://www.compassion.com/youversion