Boodskappe uit die Hemel: Luister na die Here in jou Daaglikse LeweVoorbeeld

Hearing From Heaven: Listening for the Lord in Daily Life

DAG 1 VAN 5

Die Waarheid van die Gees

Na my vyftiende verjaarsdag het ek opgehou om kerk toe te gaan. Ek wou "in" wees en die kerk was nie “cool” genoeg vir my nie. In die daaropvolgende jare het ek in heelwat moeilikheid beland en nogal 'n rebelse lewe gelei. Wanneer ek aan my tienerjare dink, onthou ek hoe die waarheid van God aan my geopenbaar is. God het sy waarheid gebruik om my uit my duisternis te roep.

Die Heilige Gees praat en openbaar die waarheid aan sowel die gelowige as die ongelowige. Die Heilige Gees het Homself aan my, selfs as rebelse tiener, openbaar. Ek het besef ek was besig om op 'n pad van duisternis en dood te loop. Ek het God se lig en lewe nodig gehad. Dit het 'n skorsing van skool geverg vir God om Homself aan my te openbaar. Tydens my skorsing van twee weke het die Heilige Gees duidelik met my gepraat en my oor my dwaalweë vermaan. 

As gelowiges is ons nie alleen nie. Die Heilige Gees gee aan ons leiding oor hoe om op te tree, en praat met ons. Ons het die waarheid van God daagliks nodig, en die Heilige Gees gee dit aan ons. Soms luister ons nie en hoor ook nie. Ons aanvaar dan dat God nie praat nie. Is dit waar? Dit is meer waarskynlik dat ons nog nie geleer het hóé om te luister nie. Die Heilige Gees maak die woorde van die Bybel lewendig.

Dit is onmoontlik vir 'n onregverdige persoon om die waarheid te aanvaar sonder die Heilige Gees se openbaring van dít wat waar is. Dit is ook onmoontlik om 'n regverdige lewe te lei sonder dat die Gees van Waarheid dit wat regverdig is, aan ons openbaar.

Elke volgeling van Christus ontvang die Heilige Gees wat ons oë vir sy plan oopmaak. Kom ons neem 'n oomblik en bid dat die Gees van Waarheid diegene wat verblind word deur duisternis, se oë sal oopmaak. Hemelse Vader, dankie vir die Gees wat praat en die waarheid onthul. Ek bid dat U sal praat en U waarheid sal onthul aan die menigte wat in duisternis wandel. Amen!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From Heaven: Listening for the Lord in Daily Life

Die Here is vandag lewendig en aktief en Hy praat direk met elkeen van sy kinders. Soms is dit egter moeilik om Hom te sien en te hoor. Deur hierdie verhaal van een man se reis om die stem van God in die arm woonbuurte van Nairobi te verstaan, sal jy leer hoe dit lyk om Hom te hoor en te volg.

More

Ons wil graag "Compassion International" vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek: https://www.compassion.com/youversion