KrygsmanVoorbeeld

Warrior

DAG 5 VAN 6

Die Vryheid van die Krygsman

Pornografie was my verslawing. Ek is op negejarige ouderdom daaraan blootgestel en was daarin vasgevang tot my twintigerjare, voordat ek uiteindelik die eerste drie stappe in die rigting van ware vryheid geneem het. 

Of dit nou 'n soort seksverslawing, dwelmmisbruik, digitale afleiding, obsessiewe stokperdjies, woede-uitbarstings, om jou te oorwerk of enigiets anders is wat ons lewens steel — baie mense het 'n geskiedenis van verslawing en afleidings.

Op 'n stadium het ek besef dat ek vir die res van my lewe daarin vasgevang sal wees. Jesus het egter gekom om ons 'n lewe van oorvloed te gee, en Hy het my van seksuele verslawing bevry. Dit was nie onmiddellik nie. Dit was 'n lang stryd met baie treë, en dit het só begin: 

Eerstens moes ek die wortel soek. Verslawing is dikwels 'n simptoom van iets diepers. Vir my was dit 'n gebrek aan goedkeuring. Ek het gevoel dat ek nie goed genoeg vir God, my vrou, my gesin of my drome was nie. Pornografie het op een of ander manier bevestig dat ek goed genoeg en gewild is. In plaas daarvan moes ek ontdek dat God my reeds goed genoeg verklaar het. Hy het my geskape, geroep, gekies, my 'n doel gegee en my opreg liefgehad. 

Vra vir God om die dieper wortels van verslawing aan jou te openbaar. Hy is 'n vriendelike en liefdevolle Vader. Jy kan na Hom gaan en die vertroosting, vrede en genesing vind wat verslawing nooit aan jou sal gee nie.

Tweedens het ek dit openlik erken. Verslawing was jare lank 'n geheim wat ek gedink het ek alleen kon hanteer. Nadat ek dit aan hegte vriende en my vrou bely het — en die regte mense gevra het om my verantwoordbaar te hou — het my verslawing sy mag begin verloor. 

Derdens het ek na Jesus gekyk. Jesus het gesê dat Hy reeds elke versoeking ervaar het wat aan die mens bekend is. Hy verstaan ​​ons stryd. Ek het dus na Jesus gekyk. In Matteus 4 is Hy drie keer deur Satan self versoek. Drie keer het Jesus, die volmaakte Seun van God, die Bybel aangehaal. Dus, as dit vir Jesus gewerk het … 

Ek het waarhede in die Bybel gevind en dit daagliks begin aanhaal, veral as ek in die versoeking gekom het. Begin met een Bybelvers, en gaan dan verder. Moontlik kan jy een van die vele uit vandag se leesplan kies. 

Grawe die wortel van die probleem uit, maak dit openbaar en veg terug met die waarheid. 

-Will, vegtend vir vryheid 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Warrior

Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church leesplan, bykomend tot Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Warrior", sal jou oproep om jou doel te vind, huiwering uit te daag, wonde te genees, verslawing te beveg en as 'n kampioen te seëvier.

More

Ons wil graag vir Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/