KrygsmanVoorbeeld
Die Krygsman se Genesing
Toe ek ná my ma se begrafnis haar persoonlike Bybel ontvang het, kry ek 'n kleurmerker ingehaak waar sy laas gelees het. Ek het dit oopgemaak en Jesus se woorde in Matteus 10:38 gelees:
“Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.”
Nadat ek my ma op die ouderdom van 16 jaar verloor het, het die rouproses 'n kruis geword om te dra, maar dit was nie wat ek verwag het nie.
In teenstelling met my verwagting, was daar nooit 'n uitbarsting in trane, uitroepe teen God of ander vertoon van wanhoop nie. Inteendeel, ek het vir byna alles gevoel verloor. Dit het my bang gemaak.
Het ek dan nie omgegee nie? Het ek my ma werklik liefgehad of haar gemis? Wat was verkeerd met my?
Ek het probeer aanvaar dat wonde en hartseer nie vir almal eenders kan wees nie. Ek het egter begin wonder of ek van alles leeg was, selfs van God.
Dit is goed dat God ons grootste swakhede tot sy grootste krag gebruik. Om een of ander rede het ek in hierdie wanhopige tye al hoe meer die hart van God begin sien.
Gedurende ons kinderjare het my ma se gesondheid, besoeke aan spesialiste en haar fisieke agteruitgang jaar na jaar toegeneem. Daar was baie aande wat ons in die wagkamers van die intensiewe sorgeenhede deurgebring het, huiswerk gedoen en gebid het dat iets sal verander. Ek het gesien hoe sy hierdie siekte in veelvuldige stadiums, lewensfases en weergawes van haarself beveg het. My ma het met 'n verstommende Christelike krag geveg — die stille soort soos aan die kruis, waarna die apostel Petrus verwys.
As ek terugkyk, het die stil, volhardende krag wat sy aan die dag gelê het, my gehelp om te sien dat die liefde van Christus nie luid is nie, maar altyd met geweldige moed gevul is.
Ek kan nog 'n volle dag skryf oor die krag waarvan ek geleer het deur te kyk hoe my pa genees. Ek het eerstehands my pa se begeerte gesien om vir ons te voorsien, te midde van sy seerkry. Dit het my aan ons hemelse Vader herinner. Ek het ook geleer dat die sterkste mans huil, maar ons hoef dit nie alleen te doen nie. By my pa en my broer het ek geleer in wonde is daar ook geleenthede om vir God te sien.
Wonde is vir almal anders, maar dit is nie bedoel om wonde te bly nie. Soos 'n gebreekte been, wil God hê dat jy moet genees; sterker as tevore. God staan gereed om jou in jou swakste oomblik met sy grootste krag te ontmoet. Hy is 'n Krygsman, Hy is vir jou gewond en Hy veg saam met jou.
Bid: Vader, sal U my enige wonde wys wat ek weggesteek het? Sal U my help om te genees en my wys dat U saam met my veg? Dankie dat U so 'n liefdevolle Vader is. Amen.
-Lukas, vegtend vir genesing
Aangaande hierdie leesplan
Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church leesplan, bykomend tot Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Warrior", sal jou oproep om jou doel te vind, huiwering uit te daag, wonde te genees, verslawing te beveg en as 'n kampioen te seëvier.
More