Hernu Jou Denke: Detoks Jou GedagtesVoorbeeld

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

DAG 3 VAN 5

Neem Jou Gedagtes Gevange

Om jou gedagtes gevange te neem, beteken om beheer daaroor te neem in plaas daarvan dat jou gedagtes jou beheer. — Priscilla Shirer

Ons is geskep na die beeld van God; ons is sy meesterstukke. Dink net hoe ons lewens sou wees as ons hierdie waarheid sou glo? Die grootste rede hiervoor is dat ons toelaat dat giftige gedagtes ons gedagtes oorheers. Ons kan nie toelaat dat dit ons lewens dikteer nie — ons moet kies om ons gedagtes gevange te neem

Om jou gedagtes gevange te neem, sal seker die moeilikste stryd wees waarin jy óóit betrokke sal wees. Dit is veel makliker om maar net die toksiese gedagtes te koester. Die uitdaging kom egter wanneer ons in die stryd betrokke raak. Selfs al koester ons soms die verkeerde gedagtes vir ‘n tydperk, kan ons dit steeds gevange neem. Dit is waarlik beter om dit eerder later as nóóit te doen nie. 

Wanneer die Bybel sê ons moet ons gedagtes gevange neem, beteken dit dat ons die mag gegee is om iets daaraan te doen. As Christene leef dieselfde krag in ons wat Jesus uit die dood opgewek het. Met behulp van die Heilige Gees, kán ons dit doen. 

Hier is 'n voorbeeld: Kom ons sê daar is iemand wat jy moet vergewe. Elke dag onthou jy wat die persoon aan jou gedoen het. Jy kan eenvoudig nie van die seer ontslae raak nie. Jy mag selfs begin dink: “Ek hoef nie regtig dié persoon te vergewe nie” of “Wat dié persoon gedoen het is onvergeeflik.” Dis dié soort gedagtes wat jy gevange moet neem. Erken dat dit jou vrede steel. Kies dan die waarheid in die Woord van God. Jy kan selfs die volgende bid: “Hemelse Vader, ek kies om hierdie gedagtes opsy te stoot in plaas daarvan om dit te koester. Ek weet U het my al so baie in my lewe vergewe, help my asseblief om dieselfde vergifnis aan dié persoon te skenk.”

Doen dit herhaaldelik totdat dit “nesskop” in jou gedagtes. Jy sal weet dat jy begin gesond word wanneer jy aan die situasie kan dink sonder om die intense steekpyn van die verlede te voel. Jy sal dit begin beleef as iets wat met jou gebeur hét — verlede tyd — nie iets wat táns met jou gebeur nie — teenwoordige tyd.

Hoekom is dit belangrik dat ons met hierdie soort denkwyses ophou? 

  • Dit is teen God se wil en verhoed ons om ‘n vreugdevolle lewe te lei. 
  • Om ons tyd en energie eerder aan gedagtes te wy wat ons opbou in plaas van afbreek.
  • Om te verhoed dat dit ons gedagtes beheer, wat op sy beurt weer ons dade beïnvloed. 

Elke dag is ‘n nuwe dag. Ons kry daagliks ‘n nuwe stel ure om te leef sodat dit lof aan God en vreugde vir ons siele kan bring. Erken dit en staan elke dag op met nuutgevonde deursettingsvermoë om eienaarskap oor jou gedagtes te neem en nie andersom nie. 

Oordink die volgende:

  • Identifiseer een van jou herhalende toksiese gedagtes, neem dit gevange en noem dit wat dit is — ’n leuen.
  • Vind ‘n Bybelvers wat dié gedagte sal vernietig. Wanneer dié gedagte by jou opkom, neem dit gevange en sê die Bybelvers hardop. Doen dit soveel keer as wat dit nodig is. 
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

Voel jy ooit dat jy nie veel beheer het oor die gedagtes waaraan jy dink nie? Die meeste van ons sukkel met negatiwiteit, bekommernis en ander toksiese gedagtes. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons leer hoe om toksiese gedagtes te ondersoek, ons denke te hernu en ons gedagtes op Christus te rig.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.