Hernu Jou Denke: Detoks Jou GedagtesVoorbeeld
Toets Jou Gedagtes
Die gedagtes wat jy huisves, bepaal die rigting van jou lewe. — Steven Furtick
Ons het elke dag baie gedagtes. Kenners beweer dat ons tussen 60 000 en 80 000 gedagtes per dag het. Dit is 'n gemiddeld van 2 500 tot 3 300 per uur. Is dit nie merkwaardig nie?
Dit sou wonderlik wees as elkeen van die gedagtes goed was. Ongelukkig is baie daarvan negatief en toksies. Die goeie nuus is dat ons 'n handleiding het om ons te help om ons gedagtes te toets. Filippense 4:8 is 'n goeie manier om te bepaal of ons wel die tyd moet afstaan aan sekere gedagtes. Die vers leer ons om gedagtes te hê wat waar, edel, reg, rein, mooi, prysenswaardig, deugsaam en lofwaardig is. Oordink elkeen van die woorde hier onder.
Waar
Een van die belangrikste dinge om te oorweeg aangaande ons gedagtes is: "Is hulle waar?" Te dikwels glo ons ‘n leuen. Ons moet daarop fokus om gedagtes te huisves wat outentiek, eg en in ooreenstemming met die Woord van God is.
Edel
Ons is kinders van God, daarom is ons in die hoogste geledere! Ons gedagtes moet koninklik wees. Nie op ‘n arrogante manier nie, maar deur onsself nie toe te laat om onvriendelike en afstootlike gedagtes te huisves nie.
Reg
Ons wil so graag altyd reg wees — die één wees wat nooit ‘n fout maak nie. Dikwels laat ons dan nie toe dat die gedagte om reg te wees, ons gedagtes deurdrenk nie. Regte denke beteken om akkuraatheid en juistheid toe te laat om ons te lei.
Rein
Om rein van hart en gedagte te wees is nie so moeilik soos wat ons soms dink nie. Die geheim is om te kies om etiese, goeie, opregte en eerlike gedagtes te hê.
Mooi
Die woord kan gerus meer gebruik word. Mooi gedagtes beteken om raak te sien wat lieflik en treffend is en om dit dan te oordink.
Prysenswaardig
Om geprys te word is baie mense se begeerte. Is ons gedagtes egter prysenswaardig? Gedagtes wat geloofwaardig is en ons van ander onderskei, maak ons lewens prysenswaardig.
Deugsaam
Deugsaam beteken om die beste van die beste te wees. Deugsame gedagtes beteken jou gedagtes is uitnemend, uitsonderlik en fantasties. Deugsame gedagtes lei tot ‘n voortreflike lewe.
Lofwaardig
Watter soort gedagtes is lofwaardig? Gedagtes oor God. Sy weë, sy planne en sy skepping, om maar net ‘n paar te noem. Dit is veilig om te sê wanneer ons gedagtes om Hom draai, is dit goed.
Ons kan ons gedagtes daagliks toets. Met verloop van tyd sal dit al hoe makliker raak om te bepaal of ons aan die standaard van Filippense 4:8 voldoen.
Ons sal nooit werklik elke negatiewe gedagte waarvan ons bewus raak, kan omdraai nie, maar ons kan wel probeer om ons gedagtes van giftige denke te bevry … een gedagte op ‘n slag.
Oordink die volgende:
- Skryf Filippense 4:8 neer deur drie verskillende Bybelweergawes te gebruik en vergelyk dit met mekaar. Vra God vir insig.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy ooit dat jy nie veel beheer het oor die gedagtes waaraan jy dink nie? Die meeste van ons sukkel met negatiwiteit, bekommernis en ander toksiese gedagtes. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons leer hoe om toksiese gedagtes te ondersoek, ons denke te hernu en ons gedagtes op Christus te rig.
More