Hernu Jou Denke: Detoks Jou GedagtesVoorbeeld
![Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Vernuwe Jou Gedagtes
Ons almal het al gehoor watter groot invloed ons denke op ons lewens kan hê. Al het teoloë, leiers, skrywers, selfhelp-ghoeroes en hoof- uitvoerende bestuurders uiteenlopende opinies oor die lewe en politiek, is almal dit eens dat ons gedagtes ongelooflik belangrik is om die rigting van ons lewens aan te dui. Kom ons kyk na 'n paar bekende aanhalings:
- "Wat jy ook al dink jy kan of nie kan doen nie, jy is reg." — Henry Ford
- "Glo jy kan en jy is reeds halfpad daar." —Teddy Roosevelt
- "Jou geluk in die lewe hang af van die kwaliteit van jou gedagtes". — Marcus Aurelius
- "Ons gedagtes maak ons wie ons is". — Dale Carnegie
Aan die begin van Romeine 12, daag die apostel Paulus ons uit om nie "aan hierdie sondige wêreld gelyk [te] word nie, maar ... [om te] verander deur [ons] denke te vernuwe ..." (Romeine 12:2). Die Griekse woord vir die woord vernuwe is anakainōsis en dit beteken letterlik om te verbeter. Volgens hierdie vers beteken dit dus dat 'n verandering plaasvind wanneer ons gedagtes vernuwe word.
Ons weet dat vernuwing plaasvind wanneer ons die voorkoms van ons huis of besigheid wil verander. Miskien is dit omdat iets gebreek of beskadig is of dalk moet dit net aangepas word. Om ons gedagtes te vernuwe werk op dieselfde manier.
Watter soort vernuwing het jou gedagtes nodig?
Miskien fokus jy vir baie jare al op gedagtes van droefheid en benadeling. Dit mag wees dat jy ou herinneringe in jou gedagtes oproep van wat iemand vir jou gedurende jou kinderjare gesê het. Vind jy dat jy aanhoudend kla? Is dit makliker om op die dinge in jou lewe te fokus wat verkeerd is? Is jy soms jaloers en begeer jy ander mense se lewens wat lyk of dit beter as joune is? Voel jy soms oorweldig en verslae oor hoe jy jouself sien?
Of jy nou gewoonlik 'n positiewe uitkyk op die lewe het en of jy dalk sukkel met negatiewe gedagtes, ons het almal soms leiding nodig wanneer dit by ons gedagtes kom. Dikwels verwys ons na ons gedagtes as negatief of sleg, maar in werklikheid is dit giftig.
Dalk het sommige van ons gedagtes min waarde, maar baie het wel waarde. Sommige is ongelooflike gedagtes wat ander mense positief kan beïnvloed, waar ander weer meer aan die negatiewe kant. Dit is dus waar dat ons nie elke gedagte kan verander nie, maar ons kan probeer om die gedagtes te verander wat giftig is.
Gedurende die volgende vier dae gaan ons leer hoe om ons gedagtes te toets, die toksiese gedagtes gevange te neem, ons gedagtes op Jesus te vestig en om 'n plan te maak om dit uit te voer.
Oordink die volgende:
- Dink na oor jou mees algemene gedagtes. Hoe laat dit jou voel?
- Watter area van jou gedagtegang het 'n vernuwing nodig?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17340%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Voel jy ooit dat jy nie veel beheer het oor die gedagtes waaraan jy dink nie? Die meeste van ons sukkel met negatiwiteit, bekommernis en ander toksiese gedagtes. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons leer hoe om toksiese gedagtes te ondersoek, ons denke te hernu en ons gedagtes op Christus te rig.
More